Leesplan inligting

Beter Besluite, Minder BerouVoorbeeld

Beter Besluite, Minder Berou

DAG 2 VAN 5

Eendag sal jy waarskynlik rustig wil gaan sit saam met jou kinders en kleinkinders en vir hulle jou storie vertel. Jou hele storie. En namate hulle ouer raak, sal jy lae en besonderhede wil byvoeg, en hoop hulle vra jou om nog van jou storie met hulle te deel. 


As jy enkellopend is, sal jy wil hê die persoon aan wie jy jou storie vertel – jou hele storie – gaan die res van jou lewe saam met jou deurbring. Jy sal graag die held in jou eie verhaal wil wees. Dis iets wat almal wil hê. En voortaan kan jy dit hê. Maar dit sal vereis dat jy elke keer voordat jy ’n besluit neem, moet vra: “Watter storie wil ek vertel? Wanneer hierdie krisis, hierdie geleentheid, hierdie versoeking in my truspieëltjie is, wanneer dit net ’n storie is wat ek vertel, watter storie wil ek vertel?” Watter van die beskikbare opsies wil jy hê moet deel wees van jou storie?


Elke besluit wat jy neem, word deel van jou lewensverhaal. Elke rasionele, finansiële en professionele besluit en die gevolge van daardie besluite word ’n permanente deel van jou storie. Ons lewe almal al lank genoeg om ’n paar hoofstukke te hê wat ons wens ons kan uitwis. Jy het sonder twyfel ’n paar stories wat jy wens jy kan herskryf; ons almal het. ’n Mens noem dit berou. Maar die kanse is goed dat die besluite wat gelei het tot jou grootste berou vermy kon word as jy gewag en gevra het: “Watter storie wil ek vertel?”


Skryf van hierdie oomblik af ’n storie wat die moeite werd is om te vertel. Skryf ’n storie waarop jy trots sal wees om te vertel. As jy in die proses is om ’n besluit te neem, stop en vra: “Watter een van die beskikbare opsies wil ek ’n permanente deel van my lewensverhaal maak?”

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Beter Besluite, Minder Berou

Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompli...

More

Ons wil graag North Point Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://andystanley.com/better-decisions-fewer-regrets/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid