Leesplan inligting

Beter Besluite, Minder BerouVoorbeeld

Beter Besluite, Minder Berou

DAG 4 VAN 5

Paulus se opdrag in Efesiërs 5:7 (1953-vertaling) om te “verstaan” wat God se wil is, is ’n beroep om te aanvaar wat ons in ons hart weet ons moet doen. Ons is meesters in die kuns van selfbedrog. Daarom span Paulus skerp taalgebruik in, hy reik uit die bladsy, gryp ons aan die kraag, trek ons nader en skree: “Hou op speletjies speel! Hou op voorgee. Hou op om te rasionaliseer! Doen wat jy weet jy moet doen! Vra die vraag en aanvaar die antwoord!” Dit is Paulus se laaste probeerslag om ons sover te kry om te erken wat ons weet en om ons tot aksie aan te spoor.


Al klink dit alles baie voor die hand liggend, is die waarheid dat baie mense nie dié wyse keuse maak totdat dit hul enigste keuse is nie. Teen daardie tyd probeer hulle iets terugkry wat hulle verloor het of op die punt staan om te verloor. Baie van ons het vriende wat hulle ongesonde eetpatroon oornag verander het nadat kanker of ’n hartsiekte aan hulle deur geklop het. Knoppe, klonte of kortasem dwing ons om die feite te aanvaar wat ons al jare lank in die gesig staar. Sulke openbarings lei meermale na lewensreddende dissipline. 


Maar hoekom stel ons uit?


Om Paulus se woorde te gebruik, ons stel uit, want ons wil nie aanvaar wat ons nog die hele tyd weet nie. Wanneer ons ophou lieg vir onsself, is die resultate ongelooflik. Almal wat ek ken wat ‘n transformasie ondergaan het ná ’n gesondheidskok, sê dieselfde: “Ek moes al jare gelede my lewe verander het.” Oftewel: “Ek het jare lank geweier om te aanvaar wat ek in my hart geweet het, is waar.”


Bankrotskap kan dieselfde effek hê. So ook ’n onbeplande swangerskap, ’n skeibrief van jou eggenoot se prokureur, ’n klag van dronkbestuur of ’n besoek aan ’n rehabilitasiesentrum saam met jou kind. En miskien is dit wat nodig is. Daar is iets daar buite wat jou aandag sal trek, iets wat jou sal dwing om wakker te skrik! Ongelukkig kan daardie iets jou wond sowel as wakker skud. Dit sal jou dalk met beperkte opsies en verminderde geleenthede laat. Hoekom uitstel? Hoekom aanvaar jy nie nou wat jy in jou hart weet jy moet doen nie? Vra jouself: “Wat is die wyse besluit?” 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Beter Besluite, Minder Berou

Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompli...

More

Ons wil graag North Point Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://andystanley.com/better-decisions-fewer-regrets/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid