Leesplan inligting

Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te WenVoorbeeld

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

DAG 5 VAN 5

Wen in jou Huwelik deur Jouself te Verander



Dit is in orde om te bid en God te vra om jou huweliksmaat te verander. Trouens, die Skrif moedig ons aan om vir mekaar te bid en om sonder ophou te bid. Die probleem kom egter wanneer jy vir jou huweliksmaat bid omdat jy glo jou maat is die oorsaak waarom die huwelik nie floreer nie. Wanneer jy glo dat jy perfek is, of baie naby daaraan, en slegs wanneer jou huweliksmaat verander, sal dinge beter gaan, is dit 'n valse sin van die werklikheid. Al sou God wil hê jou huweliksmaat moet verander, wil Hy in jou werk. 



Jy kan soveel klem op die ander persoon lê, dat jy vergeet jy het God net so nodig as wat jou huweliksmaat het. Die krag van God word volmaak in jou swakheid wat in beheer wil wees van dit wat in jou huweliksverhouding gebeur. Jy en jou huweliksmaat is verskillende mense en met 'n goeie rede: as julle dieselfde was, sou een onnodig wees. Verskille is goed, maar is nie altyd aanpasbaar of aangenaam nie.



God gaan nie almal om jou verander net sodat jy gemaklik of vergenoegd kan voel nie. Sommige dinge sal jy eenvoudig moet hanteer en leer om daardeur te werk sodat jy jou huweliksmaat kan aanvaar vir wie hy of sy is. Ek weet dis moeilik, maar mag ek dit aan jou stel dat wanneer jy fokus op watter veranderinge in jou lewe moet plaasvind en jou rol om jouself te lei ernstig opneem, sal die verandering in jou tot verandering in jou huweliksmaat aanleiding gee. 



Terwyl jy daarop fokus om jou huweliksmaat te verander, fokus God daarop om jou te verander en Hy wil dit doen deur tot jou te nader. Hy wil jou hart reinig en jou vir Hom aanvaarbaar maak. Raai wat? Hy wil dieselfde vir jou huweliksmaat ook doen. Hy begeer om in en by julle te bly deur tegelykertyd in jou hart te werk terwyl Hy ook in jou huweliksmaat se hart werk. 



God het julle albei ewe lief en wil dieselfde vir elkeen van julle hê, as julle dit glo. God wil hê jy moet jou invloed gebruik om met jou huweliksmaat te verbind en hom of haar te bereik sodat Hy verheerlik word. Hy is die enigste skepper en onderhouer van verandering! Glo vandag in God en neem eienaarskap van wat in jou moet verander en laat jou huweliksmaat aan God oor!



Nadenke: Watter verandering moet in jou plaasvind sodat jou huwelik goeie vrugte kan dra?



As om in jou huwelik te wen vir jou 'n uitdaging is, moedig ek jou aan om met die Wives Who Win-gemeenskap te skakel vir bykomende hulpmiddels en -bronne oor hoe om in jou huwelik op God se manier te wen.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies...

More

Ons bedank Wives Who Win Co vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://www.wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid