Leesplan inligting

Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te WenVoorbeeld

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

DAG 4 VAN 5

Wen in die Huwelik deur Helderheid



Het jy al ooit aangeneem dat jy iets weet net om uit te vind dat jou aanname heeltemal verkeerd was? 



Wanneer jy die ergste van jou huweliksmaat aanneem, is jy geneig om leuens te glo van iemand vir wie jy liefhet. Dit sou baie makliker gewees het om vrae te vra om helderheid oor jou maat te kry, maar te dikwels gebeur dit nie. Dit gaan deels oor wat ons in Dag 3 oor trots bespreek het. Verhoudinge en huwelike het al onnodige moeilikheid weens aannames ervaar, wat voorkom kon word. 



Huwelike, soos die lewe, gaan deur veranderinge en jy moet kan herken wanneer die verandering begin, watter soort verandering dit is en wat om te doen tydens en na die verandering, en nie net aannames maak nie. 



Daar is te veel periodes van verandering om op te noem, maar weet dat dit gereeld gebeur en daar is nie altyd 'n waarskuwing wanneer of hoekom dit gaan plaasvind nie. Sommige paartjies besef nie wat in hul huwelik gebeur voordat hulle midde daarin is nie. Een van die maniere waarop jou huwelik deur die onvermydelike tydperk van verandering kan volhard en oorleef, is deur helderheid te verkry van wat gebeur. Hoekom gebeur dit en wat is jou rol om vrede en eensgesindheid uit te leef.



Dit sal verkeerd wees om aannames te maak, want aannames lei daartoe dat jy leuens oor jou huweliksmaat glo wat jy in jou hart weet nie waar is nie. Wanneer jy weier om helderheid te verkry, glo jy onwaarhede en maak jy valse aannames oor jou huweliksmaat wat bydra tot verdere onenigheid.



Wanneer jy die ergste oor jou huweliksmaat aanneem, ontken jy die waarheid. Wanneer jy die waarheid ontken, verwerp jy God aangesien Hy nie buite die waarheid, sy Woord, leef nie. Enige poging om buite die waarheid te leef, kan daartoe lei dat julle mekaar se rolle veroordeel, wat verder eindelose verwarring en konflik in julle huwelik skep.



Die volgende keer wat jy in die versoeking kom om aannames te maak, kan jy bloot vra: "Kan ek 'n aanname wat ek oor jou het of oor wat jy sopas gesê of gedoen het, uitklaar?" Gaan dan voort om helderheid te verkry en sodoende die vrede te bewaar.



Nadenke: Sien jy hoe die verkryging van helderheid oor die verbale of nie-verbale boodskap wat jou huweliksmaat probeer oordra, eerder as om 'n aanname te maak, jou kan help om nader aan mekaar te kom en verwarring en konflik in jou huwelik uit te skakel? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies...

More

Ons bedank Wives Who Win Co vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://www.wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid