Leesplan inligting

Vrouens wat Wen: Hoe om Volgens God se Manier in Jou Huwelik te WenVoorbeeld

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

DAG 1 VAN 5

Wen in die Huwelik deur Eensgesind te Wees



“Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe” Filippense ‭2:1-2.‬ ‭‬



In die huwelik probeer die vyand om jou aan te val deur jou denke: wat jy dink en ook wat in jou hart is. As hy jou kan beheer deur jou denke en jou gevoelens, kan hy jou en jou verhoudinge beheer. 



Die Satan wil hê dat jy die halwe waarhede moet glo oor jou huweliksmaat en jou huwelik. Hy is 'n bedrieër en dra by tot jou vrees wanneer julle 'n klein meningsverskil of argument gehad het. Hy gebruik daardie geleenthede om saadjies van twyfel en agterdog in jou denke en hart te plant wat veroorsaak dat jy jou maat bevraagteken en wonder of julle huwelik werklik so perfek is. Hy wil jou denke verteer met goddelose gedagtes oor jou huweliksmaat en huwelik deur manipulasie en bedrog, en deur jou hart met bitterheid en gegriefdheid te vul. Hy doen dit in die hoop dat jy sal kies om weg te stap eerder as om uitdagings en misverstande te verwerk wat die meeste paartjies in die gesig staar. 



Die Satan haat huwelike en sal enigiets met sy beperkte krag en mag doen om dit te vernietig.



Die apostel Paulus het geweet hoe belangrik dit vir gelowiges is om eensgesind te wees. Alhoewel hy met die gemeente in Filippense gepraat het, is hierdie Skrifgedeelte in Filippense 2:1-2 ook op huwelike van toepassing. Om eensgesind te wees beteken nie om noodwendig dieselfde standpunt, mening of houding oor 'n onderwerp te hê nie. Dit beteken om saam te stem oor die dinge wat die meeste saak maak. 



Wanneer julle dieselfde oor die huwelik dink sal die vyand se aanvalle of taktieke julle nie maklik kan beweeg nie. Wanneer julle eensgesind is, verstaan julle die doel en plan vir die huwelik en gebruik die oomblikke van konflik en misverstande om nader aan mekaar te beweeg, in plaas daarvan om van mekaar af weg te dryf. Wanneer julle denke oor die huwelik ooreenstem, is dit baie makliker om dieselfde liefde en toegeneentheid teenoor mekaar te hê, selfs in tye van onsekerheid. 



Nadenke:  Hoe kan die beoefening van eensgesindheid in julle huwelik julle help om teëspoed en uitdagings te oorkom?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wives Who Win: How to Win in Your Marriage God's Way

Te veel mense, selfs Christene, het probeer om die huwelik, hierdie verhoudingstelsel wat God ontwerp het, op hul eie te hanteer. Die huwelik was nooit bedoel om moeilik, ellendig of hartseer te wees nie, eintlik presies...

More

Ons bedank Wives Who Win Co vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief http://www.wiveswhowin.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid