Leesplan inligting

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en SelfsorgVoorbeeld

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

DAG 3 VAN 5

Dit verg 'n dorpie


Vriendskappe in ouerskap is 'n groot en belangrike bron van selfsorg. Of jy nou 'n introverte of ekstroverte persoonlikheid het, jy het betekenisvolle vriendskappe nodig met mense wat dieselfde pad as jy stap. As jy nie reeds 'n goeie ondersteuningsnetwerk het nie is dit 'n goeie idee om ondersteuningsgroepe vir nuwe ouers by kerke in jou omgewing te ondersoek. Vriende sal jou onderskraag, ondersteun en help lag, te midde van al die veranderinge. 



Die dae na die koms van 'n baba kan eensaam raak sonder vriendskappe met ander mammas en pappas saam met wie jy kan gaan stap, wie jy kan oornooi vir koffie of speeltyd of bloot tyd saam spandeer om mekaar se vrae, laste en vrese te bespreek. Ek kan jou nie sê hoeveel desperate teksboodskappe ek in daardie eerste dae gestuur het om vir voorbidding te vra wanneer dit gevoel het of ons slaapterapie gruwelik misluk het, net om te hoor dat ons vriende maar in dieselfde bootjie was nie! Of dit nou is om 'n uitdagende dag of 'n opwindende mylpaal met mekaar te deel; ouerskap in gemeenskap is verseker meer pret!



Selfs nou dat ons kinders al ouer is, is ek baie afhanklik van speel afsprake en aande om af te neem en tyd saam met my vriendinne te spandeer. My introverte man, Craig, het dieselfde interaksie met ander volwassenes nodig, hoewel dalk minder gereeld as ek. Dit is belangrik dat julle as 'n paartjie tyd inruim om te bespreek hoe julle jul behoeftes aan volwasse interaksie prakties kan inwerk. Ons het 'n punt daarvan gemaak om nie uit te mis op die ritme van 'n sosiale kalender nie – hetsy dit 'n intieme aandete saam met 'n paar vriende of 'n aand uit saam met die hele groep was. Ons vriende hou my aan die gang, vul my hart en laat my gekoesterd voel. 



Moenie die gewigtigheid van eensaamheid onderskat wanneer dit met nageboortelike hormone en algehele uitputting gepaard gaan nie. Wees waaksaam vir mekaar se onthalwe. Jy mag die simptome moontlik nie in jouself herken nie, maar jou eggenoot sal en hulle kan dan voorstel: "Liefie, hoekom gaan jy nie vanaand saam met jou vriendinne uit vir 'n kuiertjie nie? Ek sal na die baba kyk." 



God se getrouheid om ons met betekenisvolle vriendskappe te seën, laat my sommer tranerig raak. (Ek maak nie 'n grappie nie, daar is trane op my sleutelbord!) Die paartjies met wie ons lewens op die ouerskap-pad gekruis het, is nou ons beste vriende. Hulle kinders het natuurlik ook ons kinders se beste maatjies geword! Dit is die soetste seëning wat ek my sou kon indink. En ek glo God sal dieselfde voorsiening vir julle in plek laat val.



Begin nou reeds saam bid vir betekenisvolle vriendskappe in die volgende tydperk van julle lewe. Ondersoek opsies vir ondersteuningsgroepe vir nuwe ouers by die kerke in jul omgewing. Werk doelbewus aan moontlike vriendskappe wanneer jy ander ouers in jou woonbuurt ontmoet. 



En kyk hoe God op ongelooflike maniere in jul lewe gaan opdaag. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word, wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets só onbekend soos die toev...

More

Baie dankie aan "Christian Parenting" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.christianparenting.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid