Leesplan inligting

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en SelfsorgVoorbeeld

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

DAG 1 VAN 5

Slaap, of die tekort daaraan


Ek glo nie enigiets kan jou voorberei op die realiteit van die tekort aan slaap wat jy in die eerste maande van ouerskap gaan ervaar nie. Die eerste dae en weke vervaag in 'n wasige herinnering vanweë pure uitputting. Natuurlik is daar die werklike teer oomblikke van sagte baba liefkosings om na uit te sien, maar die oorgang tussen 'n tydperk van salig gesteelde slapies, na 'n semi slaap-ontneemde staat, is 'n soort dreinering soos ek nog nooit vantevore in my lewe ervaar het nie. Van die vreemdste en mees sinnelose argumente in ons huwelik het in die middel van daardie lang, slapelose nagte plaasgevind.



Jy en jou huweliksmaat gaan beide vêr bo jul begrip getoets word en dit is goed om nou reeds daaroor te praat, julle onderskeie verwagtinge te bepaal en te beplan hoe julle in mekaar en elkeen in sy/haar indivuele versorging gaan voorsien. 



In die aanvanklike dae sal dit moeilik wees om jou eie geestesgesondheid te bestuur terwyl jy ook jou huweliksmaat se geestesgesondheid monitor en mekaar in genade vind. Daar sal argumente wees. Julle sal beide moet leer om dit deur te praat, te versoen en die gebeure wat verby is, te laat gaan. Laat God se genade seëvier terwyl julle julself daarop toespits om mekaar se behoeftes in ag te neem en in mekaar se behoeftes te voorsien. Onthou: Hierdie is 'n tydperk wat eintlik in 'n oogwink verby sal wees. Selfs al voel dit met tye asof jy nooit weer gaan slaap nie, sál jy weer! 



In die moeë ure in die middel van die nag gaan dit juis belangrik wees om jouself te herinner dat die tekort aan slaap nie sonder 'n besonder belangrike doel is nie. Daar is juis diepe betekenis en goedheid opgesluit in die slaap-benewelde nagtelike voedings. Ongeag of jy borsvoed of 'n bottel gebruik, deur middel van elke voeding gee jy letterlik lewe aan jou kosbare baba. Jy lê jou lewe neer vir die lewe van jou kind en bou die fondament van ouerskap waarmee jy hom of haar lewenslank gaan begelei. Daar is 'n reuse verandering wat in jou hart plaasvind wanneer jy 'n ouer word; jy ervaar waarskynlik nou al reeds 'n gedeelte van daardie verandering. God gebruik kinders vir ouers se heiligmaking, om hulle te verander na die beeld van sy volmaakte, onbaatsugtige Seun. En dit begin reg van die begin af, selfs te midde van slaap of die gebrek daaraan.



Die Bybel sê in Jesaja 40:11: “Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie." Dit is belangrik dat jy sal weet dat God reg in jou midde is op hierdie nuwe, uitdagende maar ook pragtige reis. Hy is die Goeie Herder, Hy lei ons deur die onbekende areas van die lewe, Hy dra ons naby aan sy bors. Hy werk sagkuns met ons terwyl ons leer hoe om as gesin deur hierdie nuwe slaap-ontneemde periode te kom. En dit is uiters belangrik dat ons ook sagkens met onsself en mekaar te werk sal gaan.



God se genade bedek alles. Die slapelose nagte, die seer van borsvoeding, die frustrasie wanneer dinge nie volgens ons plan verloop nie — dit word alles deur sy genade bedek. So, onderneem dus reeds aan die begin van hierdie reis om jul gesin en huis stewig uit te bou op 'n fondasie wat met genade deurweek is. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word, wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets só onbekend soos die toev...

More

Baie dankie aan "Christian Parenting" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.christianparenting.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid