Leesplan inligting

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en SelfsorgVoorbeeld

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

DAG 2 VAN 5

Die huwelik, die geheime bestanddeel


Ek het geweet dat ek Craig lief het voor ons kinders gehad het. Maar ek sou nooit kon raai hoeveel meer ek hom kon lief hê en hoeveel nader ek aan hom sou voel na ons kinders se koms nie. Om jou eggenoot te sien ontwaak in hul rol as mamma of pappa, is een van die mooiste gewaarwordings in die hele wêreld. Nie net dit nie, hulle het gehelp om jou die beste klein geskenkie te gee wat jy ooit sal ontvang.



Die koms van kinders sal aspekte in beide van julle uitbring wat julle waarskynlik nog nooit vantevore van mekaar beleef het nie. Hoewel dit een van die lewe se mooiste seëninge is en sal sorg vir van die meeste pret wat jul ooit sal hê, sal dit ook een van die mees uitdagende kopskuiwe wees wat jul ooit as paartjie sal ervaar. Om 'n kind te hê, verander als. Dit sal al die maniere waarop julle mekaar reeds gedien en lief gehad het, verbeter en versterk en dit sal al die selfsugtige plekke in julle harte ontbloot en onder die vergrootglas plaas. Die geheime bestanddeel tot 'n gelukkige en gesonde gesin is om jul huwelik eerste te stel en deurlopend die nodige aandag daaraan te gee. 



Terwyl beide van julle deurlopend ten volle gefokus gaan wees op die behoeftes van hierdie klein mensie, gaan daar tye wees wat jul beide afgeskeep gaan voel. Daar is 'n hele nuwe mensie tot jul verhoudingsom bygevoeg en hierdie klein mensie het nodig dat absoluut alles vir hom of haar gedoen word. Dus is daar deurlopend groot veranderinge wat plaasvind wanneer twee drie word, of drie later vier word soos wat julle gesin pragtig uitbrei. Terwyl die lewe drasties verander, moet die twee van julle, wat hierdie reis saam begin het, mekaar nie afskeep nie.



Dit is belangrik om toenadering tot mekaar 'n prioritei te maak, ter wille van jul huwelik se gesondheid. Julle gaan 'n nuwe normaal moet vestig as 'n paartjie. Die lewe sal letterlik nooit weer wees soos dit vantevore was nie. Terwyl julle vantevore wel al julle aandag aan mekaar kon gee, sal die versorging van die nuwe klein mensie nou 'n groot deel van jul vermoë en sorg vereis. Dus gaan julle saam 'n punt daarvan moet maak om toenadering tot mekaar te soek, te midde van 'n lewe saam met kinders en spesifiek met die koms van 'n nuwe baba. 



Jul huwelik gaan verander en op verrassende maniere blom, oor die volgende jaar. Die oorgang sal makliker wees deur bloot bewus te wees van die verandering wat gaan kom en dit vooraf met mekaar te bespreek. Met Christus as die middelpunt van jul huwelik, sal beide van julle sterk en bestendig kan bly te midde van die komende veranderinge. “'n Driedubbele tou breek nie maklik nie” (Prediker 4:12). 



Nou is die beste tyd om julself tot mekaar te herverbind in die beloftes om mekaar te dien, te versorg, te eer en te vergewe. In ouerskap is dit werklik so dat spanwerk die droom laat werk. Wanneer beide partye toegewyd daaraan is om vir mekaar te veg en seker te maak dat daar in mekaar se behoeftes voorsien word, sal beide partye ervaar dat hul behoeftes bevredig word. Julle twee is deel van dieselfde span, ongeag hoe moeilik die spel word. Hou aan om in mekaar te belê, hou aan om mekaar lief te hê en bowenal, hou Christus se voorbeeld van liefde in die middel van als. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Parent’s Guide to a New Baby:  Suffering and Self-care

Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word, wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets só onbekend soos die toev...

More

Baie dankie aan "Christian Parenting" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.christianparenting.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid