Leesplan inligting

Die Voorhuwelikse KursusVoorbeeld

The Pre-Marriage Course

DAG 5 VAN 5

Avonture


Die huwelik is in der waarheid 'n lewensreis gevul met wonderbaarlike geleenthede en selfs met van die lewe se grootste uitdagings:




  • die geleentheid om die intiemste verhouding te bou, iets wat voordelig is vir iemand bo en behalwe jouself

  • die uitdaging om te leer wat dit beteken om iemand anders lief te hê, en verby ons eie belange te kyk en spesifiek te strewe na dit wat belangrik is vir jou maat. Dan moet ons leer hoe om ons eie gedrag te verander


Stem ooreen oor die prioriteite


Persoonlikhede mag dalk verskil, maar dieselfde kernwaardes en ooreenstemmende prioriteite, kan paartjies help om 'n standvastige huwelik te bou 




  • Deel jou drome, ambisies, verwagtinge en verlange met mekaar

  • maak jou verhouding met God jou belangrikste prioriteit, gevolg deur jou huwelik en daarna jou kinders (indien jy wel het), en laastens die res van die mense in jou lewe.


Vier areas wat beïnvloed word deur jou prioriteite:



1. Vriendskap




  • as 'n paartjie, moet julle nie heeltemal onttrek van vriendskaplike verhoudings nie; elke huwelik kort 'n ondersteuningsnetwerk

  • beskerm jou huwelik teen ander verhoudings wat moontlik 'n bedreiging kan wees

  • stel duidelike grense om jouself te beskerm teen buite-egtelike verhoudings


2. Kinders en gesinslewe




  • bespreek jou verwagtinge rondom die kry van kinders

  • maak gereeld tyd vir mekaar, selfs onder die konstante, hoë vereistes van klein kindertjies


3. Werk




  • moenie met mekaar kompeteer nie

  • praat oor hoe julle balans gaan hou tussen werk en die versorging van kinders


4. Spiritualiteit




  • die verkenning van julle kernwaardes sal julle beslis nader aan mekaar bring (oorweeg om 'n Alpha kursus te doen en sodoende die Christelike geloof te verken en om gemakliker met mekaar oor geestelike kwessies te kan praat)

  • praat oor die geloof en waardes wat julle aan julle kinders wil oordra, indien julle kinders het 


Terwyl ons elkeen na God kyk, om sy liefde, vergifnis en leiding tot 'n doelgerigte lewe te ontvang en ervaar, is ons beter in staat om mekaar lief te hê.



Avonturiers en versorgers


Wees bewus van mekaar se temperamente; alhoewel een dalk 'n meer "avontuurlike" temperament het en die ander 'n meer "koesterende" temperament, moet ons nogmaals balans vind en mekaar se verskille respekteer. 



Avonturiers




  • wil graag die meeste maak van alle geleenthede wat die lewe vir hulle bied. Hulle sien selfs die huwelik as 'n gesamentlike avontuur. Avontuur bring energie en nuwe ervarings na die verhouding toe.


Versorgers 




  • sien hulle huwelik as 'n veilige omgewing waarna hulle kan terugkeer wanneer die avonture en uitdagings van die lewe verby is. Versorgers bring konstantheid en roetine na die verhouding toe.


Beide temperamente is ewe belangrik en dra by tot 'n gesonde, gebalanseerde verhouding




  • te min avontuur kan veroorsaak dat jou verhouding stagneer

  • te veel avontuur kan weer die verhouding ooreis


As 'n paartjie, moet julle verantwoordelikheid neem en balans vind in beide temperamente en sodoende die waarde raaksien in die energie van avontuur, asook die sekuriteit van herstelling. 



Alle huwelike moet genoeg spasie toelaat vir beide avontuur en koestering. Wanneer die twee temperamente goed saamwerk in die huwelik, kan die huwelik op sigself een van die beste avonture word. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Pre-Marriage Course

Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/try/the-pre-marriage-course

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid