Leesplan inligting

Die Voorhuwelikse KursusVoorbeeld

The Pre-Marriage Course

DAG 2 VAN 5

Konflik


Verwag konflik


Konflik is natuurlik in elke verhouding.



Die kwessie is nie óf ons sal verskil nie; die kwessie is hoe ons hierdie meningsverskille hanteer. Die belangrikste ding vir elke paartjie is om oor die gereedskap en vaardighede te beskik om konflik konstruktief op te los.



Die bestuur van woede


Woede op sigself is nie verkeerd nie; dis hoe ons woede wys wat skade kan aanrig in 'n verhouding.



Twee diere word gebruik om vir ons twee onvanpaste en nuttelose maniere te verduidelik van hoe om woede te hanteer:




  • Renosters: laat jou onmiddellik weet dat hulle kwaad is — hulle gaan oor tot die aanval

  • Krimpvarkies: is geneig om hul woede weg te steek — hulle sal waarskynlik stiller word en dalk onttrek


Beide renosters en krimpvarkies moet leer om kalm en in woorde uit te druk waaroor hulle ontsteld is.



Soek saam na oplossings


Wanneer julle nie saamstem nie:




  • besef dat jy in die huwelik eintlik aan dieselfde kant is

  • soek saam na 'n oplossing wat goed sal wees vir julle verhouding

  • wees gereed om die "pouseer knoppie" te druk wanneer dit nodig is (vra jouself af: "Is dit nou die regte tyd?" en "Is dit die regte plek om hierdie meningsverskil te lug?")


Vyf stappe om 'n oplossing te vind




  1. Identifiseer die probleem en fokus op wat dit veroorsaak.

    Laat die saak wat konflik tussen julle veroorsaak buite rekening en sit dit voor julle neer, en werk dan saam daaraan.

  2. Gebruik "ek"-stellings

    Vermy etikettering (byvoorbeeld: "Jy doen dit altyd …"/ "Jy doen dit nooit …"). Beskryf eerder jou gevoelens (byvoorbeeld: "Ek voel omgekrap as …").

  3. Luister na mekaar

    Probeer om mekaar se perspektiewe te verstaan en te waardeer. Neem beurte om te praat.

  4. Bespreek moontlike oplossings

    Praat oor verskillende moontlikhede. Dit kan nuttig wees om 'n lys op te stel.

  5. Kies die beste oplossing vir die oomblik en hersien dit later

    As die oplossing wat julle probeer nie werk nie, probeer 'n ander een op die lys. As julle nie saam 'n oplossing kan vind nie, vra hulp.


Proses om seer te genees


Seer is onvermydelik in elke huwelik, en hierdie seer moet genees word as julle wil hê dat die verhouding moet floreer.



Daar is 'n eenvoudige, maar kragtige proses vir genesing:




  1. Praat oor die seer

    Vertel jou maat wanneer hulle jou ontstel het. Moenie vashou aan seer, of toelaat dat selfbejammering en wrewel in jou opbou nie. 

  2. Sê jy's jammer

    Ons trots kan dit vir ons moeilik maak om jammer te sê. Om verskoning te vra, beteken om verantwoordelikheid te neem vir ons verkeerde woorde of dade. Jammer sê maak die deur oop vir versoening.

  3. Vergewe

    Vergifnis is die grootste krag vir genesing in 'n huwelik. 


Vergifnis is NIE:




  • om te vergeet dat die seer gebeur het nie

  • om te maak asof dit nie saak maak nie

  • om te versuim om ons maat se verkeerde en kwetsende gedrag aan te spreek nie


Vergifnis IS:




  • om die onreg wat ons aangedoen is in die gesig te staar

  • om die innerlike emosies te herken

  • om te kies om nié ons maat se oortreding teen hulle te hou nie

  • om ons selfbejammering en wraakgedagtes te laat vaar


Vergifnis is eerstens 'n keuse, nie 'n gevoel nie.




  • Vergifnis is 'n proses — ons moet dikwels aanhoudend vergewe (soms daagliks). Wanneer ons dit doen, kry die herinneringe aan die seer geleidelik al hoe minder mag oor ons.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Pre-Marriage Course

Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/try/the-pre-marriage-course

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid