Leesplan inligting

Die Voorhuwelikse KursusVoorbeeld

The Pre-Marriage Course

DAG 4 VAN 5

Verbinding


Hoe hou ons ons liefde aan die gang en bly ons verbind deur die volle verloop van 'n huwelik?



Bestee spesiale tyd saam


Om liefde aan die gang te hou is 'n doelbewuste keuse. Dit sluit in:




  • om in ons vriendskap te belê deur aan te hou met die dinge wat ons albei saam geniet

  • om daagliks 'n gewoonte daarvan te maak om verbaal en emosioneel by mekaar in te skakel

  • om 'n weeklikse afspraak met ons maat te reël om die romanse, die pret en die liefde tussen ons te laat groei


Ontdek jou maat se emosionele behoeftes


Om te ontdek wat ons maat geliefd laat voel, vestig 'n diep band tussen ons, en stel ons in staat om effektief lief te hê. Ons kan baie van mekaar verskil in die maniere waarop ons liefde gee en ontvang.



Die vyf liefdestale




  1. Opbouende woorde

  2. Deurdagte geskenke

  3. Fisieke aanraking

  4. Kwaliteit tyd

  5. Diensbaarheid


Al vyf maniere om liefde uit te druk is belangrik in elke huwelik, maar gewoonlik sal daar een of twee van hulle wees wat liefde kommunikeer soos ons dit verstaan en graag sal wil ontvang.



Nadat jy vandag se oordenking voltooi het, gaan na www.5lovelanguages.com om 'n kort vraelys te beantwoord om jou eie volgorde van belangrikheid van hierdie liefdestale te ontdek. 



Die lering oor die Vyf Liefdestale is aangepas uit Dr. Gary Chapman se topverkoperboek: "The 5 Love LanguagesⓇ: The Secret to Love That Lasts" (© 2015). Gepubliseer deur Northfield Publishing. Gebruik met toestemming.



Hoe om 'n goeie seksuele verhouding te bou


Seks verbind ons, nie net fisiek nie, maar ook emosioneel, sielkundig en selfs geestelik.



Hoe om 'n patroon van goeie seks in die huwelik te skep en te handhaaf:



1. Sorg dat julle harte gesinchroniseer is



Wees gereed om te praat




  • om oor seks te praat kan moed verg, want dit vereis dat ons weerloos teenoor mekaar moet wees

  • vertel mekaar wat jou meer- of minder stimuleer om liefde te maak


Sluit die seksuele verhoudings van die verlede af




  • verhoudings uit die verlede kan jaloesie en wantroue veroorsaak

  • indien nodig, verbreek die bande op sosiale media met mense tot wie jy vroeër aangetrokke was, en verwyder e-posse / teksboodskappe / foto's


2. Kry jul koppe reg



Goeie seks het baie te doen met ons gemoedstoestand




  • vul jul gedagtes oor seks, met wat mooi, eerbaar en wedersyds respekvol teenoor mekaar is

  • praat oor jul verwagtinge en enige vrese wat julle mag hê rondom die liefdesdaad


Probleme as gevolg van mishandeling of ander seksuele trauma uit die verlede, kan professionele hulp vereis.



As pornografie 'n probleem in jul verhouding is, voer 'n eerlike en nie-veroordelende gesprek met jou maat. Om stappe te neem om gewoontes te verander sal 'n uiters positiewe uitwerking op julle verhouding hê, en verseker dat goeie seks in julle huwelik 'n werklikheid sal word.



Lae selfbeeld en swak liggaamsbeeld beïnvloed ons seksuele reaksies




  • bou jou maat se selfvertroue op deur hulle te vertel hoe mooi en aantreklik hulle vir jou is

  • bewonder mekaar se liggame, soos die geliefdes herhaaldelik in die Hooglied doen


3. Kry jul liggame gereed



Daar is beduidende verskille tussen mans en vroue rakende seksuele prikkeling.




  • vind uit deur te lees en te gesels oor wat jou maat prikkel

  • gee genoeg tyd vir voorbereiding en prikkeling tydens die liefdesdaad


Skep 'n klimaat van vertroue.




  • goeie seks is afhanklik van die ontwikkeling van die ander aspekte van ons verhouding

  • daar is 'n sterk verband tussen die gee van onsself aan mekaar deur ons huweliksbeloftes en om onsself in ons seksuele verhouding aan mekaar te gee

  • beoefen selfbeheersing — dit sal noodsaaklik wees as ons aangetrokke voel tot iemand anders as ons huweliksmaat

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Pre-Marriage Course

Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/try/the-pre-marriage-course

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid