Leesplan inligting

Die Voorhuwelikse KursusVoorbeeld

The Pre-Marriage Course

DAG 1 VAN 5

Kommunikasie


Goeie kommunikasie is 'n noodsaaklike deel van 'n gesonde huwelik. Dis eers wanneer ons trou wat ons besef dat sommige van ons diepgewortelde veronderstellings oor die lewe nie universeel gedeel word nie.



Ons is almal verskillend in die manier waarop ons kommunikeer, en dit word beïnvloed deur:




  • ons persoonlikheid

  • ons agtergrond


1. Ons persoonlikheid



Ekstrovert

Een van ons kan geneig wees om ons gedagtes ekstern te verwerk. Met ander woorde, ons is geneig om hardop te dink.



Introvert

Ons maat kan geneig wees om eers hul gedagtes in hul koppe te orden voordat hulle praat.



Analities

Een van ons kan dinge baie metodies uitwerk en dan lank neem om besluite te neem.



Intuïtief

Ons maat reageer miskien dikwels op die ingewing van die oomblik en maak dan oorhaastige gevolgtrekkings.



Om eerlik oor hierdie persoonlikheidsverskille te praat en dit te aanvaar, is noodsaaklik as ons 'n sterk huwelik wil hê.



2. Ons gesinsagtergrond



Sommige gesinne is stil, ander is baie meer luidrugtig. Sommige gesinne is meer wispelturig, ander is rustiger. Sommige gesinne kry beurte om te praat, ander onderbreek mekaar gedurig.



Ons moet die tipiese kommunikasie-eienskappe in elkeen van ons gesinne herken, veral as een van ons uit 'n gesin kom wat onmiddellik verskille uitklaar, terwyl ons maat se gesin eerder geneig is om later oor botsende sienings te praat of dit heeltemal te vermy.



Struikelblokke vir goeie kommunikasie


1. Versuim om tyd te maak



Sit gereeld tyd opsy vir sinvolle gesprekke.




  • Teken hierdie tyd in jul kalenders aan (dit gebeur nie sommer vanself nie)

  • Beskerm hierdie tyd teen afleiding en onderbrekings, veral van fone en ander skerms.


Besef wanneer jy alles moet los en na jou maat moet luister.



2. Versuim om oor ons gevoelens te praat



Sommige mense moet leer om oor hulle gevoelens te praat, omdat hulle heel moontlik as kind geen rolmodel gehad het nie.




  • dit kan moeilik wees om oor jou gevoelens te praat as gevolg van 'n gevoel van minderwaardigheid of kwesbaarheid, of 'n vrees vir hoe die ander persoon sal reageer.

  • waag dit om jou maat met jou gevoelens te vertrou. 

  • as jou maat sukkel om hulle gevoelens uit te druk, sorg dat jy na hulle luister sonder om hulle te oordeel of te kritiseer.


Om ons diepste gevoelens en gedagtes te deel is noodsaaklik vir die bou van 'n sterk huwelik.



3. Versuim om na mekaar te luister



Luister is van die uiterste belang vir die bou van 'n fondament van begrip en intimiteit in die huwelik.



Om nie na geluister te word nie, is baie skadelik vir 'n verhouding. Terwyl, wanneer iemand wel na ons luister, voel ons:




  • ons word verstaan

  • gewaardeerd

  • ons word ondersteun

  • geliefd


Die meeste van ons het 'n paar slegte luistergewoontes om te oorkom, soos:




  • om instinktief af te skakel as ons maat met ons praat

  • om sommer in ons eie rigting te gaan, met 'n ander storie

  • om dadelik raad te gee, eerder as om medelye te hê met ons maat se gevoelens

  • om hul vrese of negatiewe emosies af te maak as ongeldig, deur hulle voortdurend te verseker dat alles goed sal uitdraai

  • om ons maat gedurig te onderbreek met ons eie sienings of hul sinne klaar te maak


Hoe om te luister


Dit verg geduld om te leer hoe om effektief te luister. Om effektief te luister beteken:




  • om ons maat toe te laat om klaar te maak met wat hul wil sê

  • om ons eie agenda opsy te skuif en te probeer om die wêreld deur ons maat se oë te sien

  • om die moeite te doen om hulle te verstaan as hulle anders as ons dink of voel 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Pre-Marriage Course

Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie. Ons hoop dat julle die gesindhede, waardes en gewoontes sal ontdek wat nodig is om 'n gesonde en sterk huwelik te bou wat 'n leeftyd sal hou. Hierdie 5-dag leesplan...

More

Baie dankie aan Alpha wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://themarriagecourse.org/try/the-pre-marriage-course

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid