Leesplan inligting

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag UitdagingVoorbeeld

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

DAG 4 VAN 5

DAG VIER



Oor My Woede 



VERSE: Efesiërs 4:26-27; Genesis 4:1-8



Selfs wanneer ons ons harte vooraf voorberei, soos ons gister bespreek het, sal daar tye wees wanneer ons aan die einde van die dag nie die seer van ons kan afskud nie. 



In die verlede sou ek my na Efesiërs 4:26-27 wend en dit ongelukkig misbruik. Dit was so gerieflik om daardie gedeelte uit te pluk wanneer iemand wou gaan slaap en ek nog steeds wou praat oor wat ook al konflik veroorsaak.



“As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie” Efesiërs 4:26.



Maar ek het onlangs opgemerk dat die eerste paar woorde sê: "as julle kwaad word." Dit gaan dus nie daaroor om alle verhoudingskwessies voor 21:00 op te los nie. Dit praat van my woede, nie van ons frustrasie nie.



Dit is soos, Paulus, die skrywer van Efesiërs sê: “Moenie die duiwel vatkans gee nie.”



Toe ek vir die heel eerste keer “kwaad geword” in die Bybel raak gelees het, het ek myself in Genesis 4:2-8 bevind waar ons in die verhaal van Kain en Abel die eerste verhoudingskonflik in die Skrif teëkom.



Ek ken die verhaal van hierdie twee broers al jare, maar ek het 'n baie belangrike besonderheid misgekyk. Tussen Kain wat kwaad is omdat God nie sy offer aanvaar het nie — en sy broer se moord — het die Here met hom kom praat. Die Here self het vir Kain gesê: “Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers” (Genesis4:6-7).



Skielik is dit nie nie meer ’n storie oor Kain en Abel nie; maar God wat met my praat. Hy wys my, dit wat ek toelaat om my gedagtes te verteer, 'n weg deur my mond vind, en die werklike bron openbaar wat my besluite dryf.



Ons sien dit hier in die verhaal van Kain en Abel:




  1. Verstand: Kain het geweier om homself te verootmoedig en het toegelaat dat hierdie woede binne-in hom groei.

  2. Mond: Kain was nie bereid om vergifnis oor sy lippe te laat kom nie.

  3. Wat hom beheer het: Die sonde wat by sy deur gehurk het, het diep in hom begin heers, sodat hy sy broer uiteindelik doodgemaak het. Hy het sy gevoelens die reg gegee om sy optrede te dikteer, selfs nadat God met hom kom praat het.


Wat 'n kragtige aanmaning om nie woede en frustrasie onbeheers deur my gedagtes te laat jaag nie.



Dit is moeilik as die seer so vars is of die frustrasie so aanhoudend is. Tog, hoe genadig is God nie dat Hy vir ons hierdie verse in Efesiërs gee en hierdie les koppel aan iets wat ons elke aand te siene kry nie? Terwyl die son ondergaan, kan ons onthou dat dit tyd is om stil te raak en God toe te laat om enige sterk of potensieel skadelike reaksies te hanteer op seerkry wat ons kan verteer.



Ons kan bid: "Vader, ek het u vergifnis nodig om nou na my en deur my te vloei sodat u Gees in my kan werk en my hart kan reinig." Ons onderskat of ontken nie ons seerkry nie; maar plaas dit in die hande van God sodat Hy ons kan help om dit beter te verwerk.



BEANTWOORD: 



Wat kan van die verwoestende gevolge wees om te weier dat God ons gevoelens van woede en onvergewensgesindheid uit die weg ruim, al sal die meeste mense nooit so ver soos Kain gaan nie? Op watter paar gesonde maniere kan jy die sterk emosies verwerk wat aangehits word wanneer jy seerkry?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na '...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ForgivingWhatYouCantForget.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid