Leesplan inligting

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag UitdagingVoorbeeld

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

DAG 1 VAN 5

 DAG EEN



Vergifnis: Die Tweesnydende Swaard



VERS: Efesiërs 4:32 



Vind jy ooit dat jy die lewe definieer deur die tyd voor- en na diep seerkry?



Die allervreeslikste tydperk. Die gesprek wat jou verstom gelaat het. Die skokkende dag van openbaring. Die egskeiding. Die verkeerdelike dood, so onbegryplik dat jy steeds nie kan glo hulle is weg nie. Die beëindigde verhouding. Die dag toe jou vriend weggestap het. Die gesprek gevul met haat. Die opmerking wat voel of dit op jou siel gebrandmerk is. Die dag wat alles verander het.



Daardie spesifieke tydstip. Die lewe daarvoor. Die lewe daarna. Is dit ooit moontlik om aan te beweeg nadat so iets gebeur het? Is dit ooit moontlik om weer 'n mooi lewe te skep?



Ek verstaan hierdie soort verplettering op 'n diep persoonlike wyse.



Wanneer jou hart verpletter en hervorm is tot iets wat nog nie heeltemal normaal in jou eie bors voel nie, voel dit 'n bietjie onrealisties om die woord vergifnis in die gesprek te bring.



Kan ek jou egter iets in die oor fluister wat ek geleer het?



Vergifnis is moontlik, alhoewel dit nie altyd moontlik sal voel nie.



Dit is 'n tweesnydende swaard, nie waar nie?



Dit is moeilik om te gee, maar fantasties om te ontvang. Wanneer ons dit so vryelik van die Here ontvang en weier om dit aan ander te gee, begin iets swaar in ons siele vorm.



Dit is die gewig van vergifnis wat nie toegelaat is om aangebied te word nie. Vir my was dit so, hoofsaaklik omdat ek iets so ongelooflik diepgaande oor vergifnis verkeerd verstaan het.



Vergifnis is nie iets moeilik waarvan ons die keuse het om te gee of nie te gee nie. Vergifnis is iets wat swaar bekom is en ons het die geleentheid om daaraan deel te neem.



Wanneer ek verkeerdelik dink dat vergifnis se effektiwiteit van al my pogings afhang, opgetowerde volwassenheid, baasspelerige teëstand, en tere gevoelens wat die een oomblik werklik voel en die volgende oomblik vals is, sal ek nooit die soort vergifnis wat ek van Jesus af gekry het, werklik vir iemand anders kan gee nie.



My vermoë om ander te vergewe word moontlik gemaak wanneer ek steun op wat Jesus reeds gedoen het, wat toelaat dat sy genade aan my, vryelik deur my vloei (Efesiërs 4:7).



Vergifnis is nie 'n daad van my vasberadenheid nie.



Vergifnis is net moontlik deur my samewerking.



Samewerking is wat ek misgekyk het. Samewerking met wat Jesus reeds gedoen het, maak verse soos Efesiërs 4:32 moontlik. “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.”



Vergewe mekaar net soos Christus julle vergewe het. God het geweet ons kan dit nie op ons eie doen nie. Hy het dus 'n manier voorsien wat nie van ons krag afhanklik is nie. ’n Vergewensgesinde manier. 'n Manier om Jesus se uitgestrekte arms vas te gryp, nog bloederig van die kruisiging en druppend van verlossing. Hy vergewe dit waarvoor ons nooit goed genoeg kan wees om reg te maak nie. Hy gee ons 'n manier om eenvoudig saam te werk met sy werk van vergifnis ... vir ons om te ontvang en vir ons om te gee.



Daardie persoon of mense — het reeds genoeg pyn, vir jou, vir my en vir diegene om ons veroorsaak. Daar is genoeg skade aangerig. Jy hoef nie deur die pyn gyselaar gehou te word nie. Jy moet besluit hoe jy vorentoe sal beweeg.



As jy kniediep in pyn is en jy kan identifiseer met die gevoelens van weerstand wat ek gevoel het, laat ek jou oor die volgende paar dae verseker: vergifnis is moontlik. En dit is goed.



BEANTWOORD: 



Wat is jou aanvanklike reaksie op die woord "vergifnis"? Hoe skep jy moed in die wete dat vergifnis moontlik gemaak word deur ons samewerking, in plaas van ons vasberadenheid? Staan tyd af om vandag iets hieroor in jou joernaal te skryf. Nooi God in waar jy vrae en huiwering beleef.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na '...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ForgivingWhatYouCantForget.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid