Leesplan inligting

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag UitdagingVoorbeeld

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

DAG 2 VAN 5

 DAG TWEE



Wanneer Onveranderlik Soos Onvergeeflik Voel



VERSE: Romeine 12:19–21, 1 Petrus 5:7, Efesiërss 6:11–12



Onveranderlik kan onvergeeflik voel.



Dis wanneer iemand iets vat wat jy nooit sal terugkry nie. Wanneer die uitslag so finaal lyk dat jy sukkel om jou koers vir die pad vorentoe te kry. Wanneer hulle jou so seermaak dat jy bevrees is jy sal nooit weer normaal voel nie.



Met 'n allesoorheersende hartseer as gevolg van al hierdie pynlike situasies, is dit verskriklik om te dink vergifnis moet hier gegee word. Wat sal vergifnis in elk geval bereik?



Ek verstaan hierdie vraag. Ek het self daarmee geworstel. Alhoewel ek die eerste sal wees om my hand op te steek en te erken dat vergifnis ’n moeilike tree is om te neem, is dit ook die enigste tree wat tot enigiets goeds lei. Elke ander keuse — insluitend die keuse om niks te doen nie en net so aan te gaan – dra net tot seer op seer by. Daar is 'n paar waarhede waaraan ek geleer het om in my hart vas te hou wanneer ek sukkel om die treë na vergifnis te neem.



1. Vergifnis is meer bevredigend as wraak. (Romeine 12:19–21)



Wraak beteken dat jy twee keer betaal vir 'n seer wat iemand anders jou aangedoen het. Jy mag dalk dink dit sal jou op die korttermyn beter laat voel, maar op die langtermyn sal dit jou altyd emosioneel en geestelik meer kos as wat jy ooit sou wou betaal. Die enigste ding wat jou wraak sal doen, is om jou verkeerde dade by hulle s'n te voeg.



Vergifnis verklaar nie die ander persoon onskuldig nie. Dit plaas die persoon eintlik in God se hande. Dan, terwyl jy deur die vergifnisproses stap, versag dit jou hart. Die vrede van vergifnis is dan meer bevredigend as wraak.



2. Ons God doen nie niks nie. (1 Petrus 5:7)



Ek het onlangs aan 'n vraag-en-antword-sessie deelgeneem waar iemand in die gehoor gevra het: "Hoe kan God net niks doen nie?" Daar was diepe pyn in haar vraag. Genadiglik, verstaan ek hoe dit voel. Wanneer jy so swaarkry dat elke volgende asemteug ondraaglik voel, is dit maklik om aan te neem dat God niks doen nie.



Ons dien nie 'n niksdoen God nie. Hy werk altyd. Dit kan 'n wonderwerk wees wat stadig gebeur. Dit lyk dalk anders as wat ons verwag het. God het ons egter lief, en Hy doen altyd iets. 



3. Die vyand is die werklike skurk. (Efesiërs 6:11–12)



Ja, ander mense het die keuse om teen ons te sondig of nie. Wanneer ons wel seergemaak word, het die persoon wat ons seergemaak het dalk gewilliglik aan die vyand se plan deelgeneem. Dit help my egter om te onthou dat hierdie persoon nie my ware vyand is nie. Die duiwel bestaan werklik en hy val alles wat goed is aan. Hy haat die woord "saam". Hy werk veral baie doelbewus teen enigiets wat eer en lof aan God bring.



O, vriend, die hartseer wat jy dra is enorm. Jou begeerte om van dit wat gedoen is, weer ongedaan te maak, is te verstane. Dit is reg om beide die begeerte saam te dra om dinge te verander, en die aanvaarding dat hulle aan hierdie kant van die ewigheid nie sal verander nie. Jy kan albei dra. Jy kan albei vereer.



Die byvoeging van waarheid in ons perspektief maak dit moontlik om selfs die onveranderlike te vergewe. Niks hiervan is eenvoudig nie. Dit is nie waarhede om bloot deur te lees nie, maar om oor na te dink. Bepeins dit totdat jy kan waag om daarin te wandel. Leef dit uit. Miskien sal ons dit selfs eendag kan verklaar as 'n waarheid wat ons besluit het om ons eie te maak.



BEANTWOORD: 



Kyk weer na die drie punte oor vergifnis. Watter een het jy die nodigste gehad? Skryf die vers neer wat met daardie punt gepaardgaan en staan hierdie week tyd af om daaroor na te dink en om dit te memoriseer. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na '...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ForgivingWhatYouCantForget.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid