Leesplan inligting

Vergewe Wat Jy Nie Kan Vergeet Nie: 'n 5-dag UitdagingVoorbeeld

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

DAG 3 VAN 5

DAG DRIE



Die Daaglikse Geneesmiddel Vir 'n Swaar Hart



VERSE: Matteus 6:9-15



Het jy geweet Jesus het vir ons die volmaakte gebed gegee om elke dag te bid sodat ons gereed kan wees vir enige oortredings wat oor ons pad mag kom?



In Matteus 6 lees ons van Jesus wat die dissipels leer hoe om te bid met behulp van die bekende Ons Vader gebed. Vandag wil ek hê ons moet let op die presiese gedeelte wat Jesus die meeste beklemtoon — belydenis en vergifnis.



As jy dit nog nie gedoen het nie, staan 'n paar oomblikke af om Matteus 6:9–15 te lees.



Om vergifnis te gee en te ontvang maak byna helfte uit van wat Jesus hier leer. Sjoe!



Dit het onmiddellik my aandag getrek en my 'n bietjie meer laat fokus op wat Jesus wou hê ons daaglikse moet doen, bo en behalwe om net daagliks hulp en voorsiening van God te versoek.



Die Ons Vader herinner ons aan dit wat die menslike hart elke dag nodig het — ons het God nodig, om vergewe te word en om te vergewe. Dit beteken dat vergifnis veronderstel is om net so 'n deel van ons daaglikse lewe te wees as om te eet en te slaap.



Maar ek sal geredelik erken, ek is nie eens seker dat ek dit ooit weekliks gedoen het nie, nog minder daagliks. Miskien is dit juis die rede waarom ek dikwels 'n onverklaarbare swaar gevoel het.



Ek neem te maklik aanstoot. Ek is te vinnig om op die verdediging te gaan. Ek is te stadig om myself na gebed te wend. Ek bely baie selde. Ek is te dikwels nie vergewensgesind nie.



Ek wil dit egter verander. Ek wil in hierdie saak volwasse wees.



Ek weet ek sal dit nie perfek doen nie, maar dit beteken nie dat ek sal nie probeer nie.



'n Paar weke gelede het iemand wat ek probeer help het, my heeltemal onkant betrap met 'n reaksie wat heeltemal buite haar karakter en eerlikwaar onverdiend gevoel het. Ek het seergekry. Al wat ek wou doen, was om my hulp te onttrek en my seer voluit op haar uit te haal. 



In plaas daarvan om dadelik te reageer, het ek onthou hoe ek vroeër daardie oggend die Ons Vader gebid en verskeie dinge voor die Here bely het waarin my eie hart werk nodig gehad het.



Ek het vooraf besluit om diegene te vergewe wat op daardie dag dalk iets sou doen of sê wat my kan seermaak of my sterk emosies op hol kan jaag.



In plaas daarvan om toe te laat dat ek reageer vanuit my woede om meer seer en pyn te veroorsaak, het ek bloot toegelaat dat my woede my inlig dat iets tussen my en my vriendin opgelos moes word. Ek het haar gevra of sy na my huis toe kon kom en eerder as om dit te probeer uitpluis of uitpraat, kon ons dalk saam daaroor bid.



Ek het Jesus in my met Jesus in haar laat praat. Terwyl ons gebid het, het die mees onverklaarbare vrede oor ons albei gespoel. Dit het nie noodwendig die probleem opgelos nie, maar dit het die chaos verhoed om meer seerkry, verwarring en geleenthede vir gegriefdheid toe te laat.



Belydenis verbreek die siklus van chaos binne-in my.



Vergifnis breek die siklus van chaos tussen ons.



Die Ons Vader het my hart voorberei vir iets wat ek nie eens geweet het later daardie dag sou gebeur nie.



Ag my vriend … glo my as ek sê, die beste tyd om te vergewe is nog voordat ons aanstoot geneem het. Die tweede beste tyd om te vergewe is sommer nou.



BEANTWOORD: 



Was jy verbaas om te sien dat belydenis en vergifnis deel van ons daaglikse lewe behoort te wees? Hoe gereeld kom hierdie twee optredes in jou eie lewe voor? Met die wete dat daar geen veroordeling is as dit lanklaas gebeur het nie, kan jy vandag daarmee begin. Staan tyd af om doelbewus jou hart met belydenis en vergifnis te reinig. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Forgiving What You Can’t Forget: A 5-Day Challenge

Het jy al ooit gevoel dat jy vasgevang is in 'n siklus van onopgeloste pyn of oortredings wat oor en oor in jou gedagtes afspeel? Jy weet jy kan nie so aangaan nie, maar wanneer jou hart verpletter is, lyk vergifnis na '...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.ForgivingWhatYouCantForget.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid