Leesplan inligting

Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade OorgaanVoorbeeld

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

DAG 7 VAN 7

Jesus Plus Niks


Wanneer ek my op 'n plek bevind waar ek nie weet waar ek is of wat God van my verwag om te doen nie, wat gereeld gebeur, probeer ek staatmaak op 'n paar fokuspunte waarop ek vertrou. Jesus is een daarvan. Dit klink na 'n Sondagskool antwoord, ek weet, en ek is geneig om nie van sulke antwoorde te hou nie, maar dit is die waarheid. Ek neem in ag wat ek van Jesus weet. Jesus word egter nie deur godsdiens, geloofsgroepe en kulturele gebruike beperk nie. Ek kyk na waar Hy aandui ek is en dan trek ek 'n lyn vanaf Jesus na my toe.


Die ander fokuspunt wat ek gebruik, is 'n groep mense wat ek voel God in my lewe geplaas het, amper soos 'n veilige hawe. Hierdie mense het wysheid en ervaring oor spesifieke areas. Ek luister na hulle insette en kan my siening met hulle bespreek. Ek is ook, op my beurt, in 'n veilige hawe vir my vriende en familie. Met behulp van hierdie mense in my toevlugsoord, kan ek bereken waar ek is en die rigting vind wat hulle vir my aandui as nog 'n fokuspunt, dan trek ek 'n lyn van hulle af na my toe.


Vanuit hierdie fokuspunte is die berekening van my rigting aansienlik makliker. Waar al hierdie lyne kruis is heel waarskynlik waar God my wil hê. Ek dink om 'n verhouding met 'n lewende God te hanteer kan so maklik soos dit wees en die berekeninge ook. Dit is, Jesus plus niks.


Ek was altyd onder die indruk om God te volg, verg ingewikkelde formules, dat ek stapels boeke nodig het om voortdurend te bepaal waar presies ek is. Ek het gedink ek moet gedurig die afstand tussen my en God bepaal, om só nader aan Hom te kom.


Wat ek egter besef het, is dat al wat ek werklik moet weet, is die rigting waarheen ek op pad is en dat ek iewers binne die groot sirkel van God se liefde en vergewensgesindheid is.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want lief...

More

Ons bedank Bob Goff en Thomas Nelson vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief; http://amzn.to/2q7hgsE

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid