Leesplan inligting

Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade OorgaanVoorbeeld

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

DAG 2 VAN 7

Vryheid om te Misluk


Iets waaroor ek die Vader baie liefhet, is dat Hy ons doelbewus tot mislukking lei. Hy het ons geskape om die wêreld as babas binne te kom. Babas kan nie loop of praat, of selfs die badkamer gebruik nie. Alles moet vir hulle geleer word. Om alles te leer neem egter tyd, en Hy het ons geskep om van Hom, ons ouers en mekaar afhanklik te wees. Alles is geskep sodat ons weer en weer sal probeer totdat ons iets uiteindelik regkry. Hy is die hele tyd oneindig geduldig met ons.


Ek is lief vir die Skrifgedeeltes in die Bybel waar Jesus die menigtes en die dissipels onderrig het. Die dissipels het Hom vir jare gevolg, en tog het hulle nog geleer totdat Hy na die hemel opgevaar het. Nietemin, hoewel hulle stadig geleer het, het hulle steeds na hulself as sy uitverkorenes verwys. Mislukking is net deel van die proses, en dit is nie net aanvaarbaar nie, dit is heeltemal reg so. God wil nie hê dat mislukking ons moet laat tou opgooi nie. God het dit nie 'n speletjie van "drie-houe-dan-uit" gemaak nie. Dit gaan meer oor God wat ons help om onsself reg te ruk en weer te probeer. Van geen mislukking word daar ook noukeurig rekord gehou nie.


Dinge wat skeef loop kan jou skaaf en opbou of letsels los. Net soos jy, het ek ook dinge in my lewe wat goed afgeloop het en sommige dinge wat misluk het. Tog was daar meer suksesse as mislukkings, maar ek probeer nie telling hou nie, want ek het deesdae 'n ander manier hoe om te meet. God vind ons in ons mislukkings en ons suksesse en Hy sê, alhoewel ons vroeër in een rigting gedink het, wil Hy hê dat ons anders oor dieselfde dinge moet dink. Ek besef, waar ek gewoonlik mislukking gevrees het vir die dinge wat vir my belangrik was was, is ek nou banger om suksesvol te wees met dinge wat nie saak maak nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want lief...

More

Ons bedank Bob Goff en Thomas Nelson vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief; http://amzn.to/2q7hgsE

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid