Leesplan inligting

Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade OorgaanVoorbeeld

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

DAG 5 VAN 7

Sluit aan by die Jesus-Avontuur


Jesus het nie altyd alles in die fynste besonderhede verduidelik nie. As iemand wat ek vertrou my iets meedeel wat ek weet vir my voordelig is, glo ek dit. Ek aanvaar dat die persoon moontlik ook verkeerd mag wees, maar as wat hulle beweer reg is, mag dit dalk my lewe verbeter. Onthou egter, ek is 'n prokureur en ek werk daagliks met skelm mense, dus word ek nie maklik beïnvloed nie. Ek het aangeleer om my intuïsie te verskerp waarom iemand iets met my deel. Ek het agtergekom dat die beste manier om te bepaal of jy iemand kan vertrou, is wanneer hulle self niks by hulle eie raad kan baat nie.


Ek bedoel dus: baie mense het verskuilde agendas in hul verhoudings. Hulle doen of sê iets en later vind jy uit dat hulle eintlik staat gemaak het om iets anders in ruil te ontvang.


Wat ek van Jesus hou, is dat Hy nie mense probeer werf het of 'n rat voor die oë gedraai het nie. Nie Hy of sy dissipels het ooit gesê: "ons gaan op 'n sendingsreis" nie, want hulle het nie. Hy het almal net genooi om Hom te volg. Hy het nie groot woorde of Christelike protokol gebruik om mense te laat tou staan omdat Hy in 'n klub gaan optree of sy reputasie wil beskerm nie. Hy het ook nie gepraat oor al die dinge wat Hy gaan doen of oor die hoeveelheid mense wat Hy gaan betrek om vir sy aanvaarding te bid nie. Hy het nie God se plan soos 'n belowende belegging voorgehou nie.


Hy het net gevra dat mense by die avontuur aansluit. Dit is amper asof Jesus gekom het om onder andere te sê dat 'n verhouding met Hom nie veronderstel is om heeltemal sin te maak of sekuriteit te voorsien nie. Geloof is nie 'n vergelyking of 'n formule of sakeooreenkoms wat jou gaan gee wat jy wil hê nie. Kortliks, daar is niks aan die anderkant van die gelykaanteken nie, net = Jesus.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want lief...

More

Ons bedank Bob Goff en Thomas Nelson vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief; http://amzn.to/2q7hgsE

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid