Leesplan inligting

Liefde Tree Op — Ervaar 'n Lewe van Liefde in wat in Dade OorgaanVoorbeeld

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

DAG 1 VAN 7

Ek is met Jou


Op hoërskool het ek 'n man met die naam Randy ontmoet. Ek het gehoor Randy is 'n Christen en was werksaam in 'n organisasie met die naam "Jong Lewe". Hy het my nooit saamgenooi vir 'n rit op sy motorfiets nie, maar hy het altyd probeer om my in gesprekke oor Jesus te betrek. Ek het hom op 'n afstand gehou, maar dit het voorgekom asof dit hom nie gekeer het om meer uit te vind oor wie ek is en waarvoor ek staan nie.


Randy het my siel gevoed met woorde van waarheid en insig. "Bob, jy kan dit doen as jy wil. Jy het wat nodig is om dit te doen. Ek sal jou ondersteun, dit maak nie saak wat gebeur nie." Sy woorde het my baie gerusgestel.


Wat ek by Randy geleer het, het my siening permanent verander oor wat dit beteken om 'n vriendskap met Jesus te hê. Ek het geleer dat geloof nie net is om al die korrekte goed te ken of om aan 'n lys van reëls gehoorsaam te wees nie. Dit is baie meer, baie kosbaarder, want dit behels om teenwoordigheid te wees en om opofferings te maak. Moontlik is dit waarom Jesus Immanuel genoem word — "God by ons". Dit is, dink ek, wat God in gedagte gehad het vir Jesus om by ons te wees; teenwoordig. Ek dink dit is ook wat Hy vir ons in gedagte gehad het wanneer dit oor ander mense gaan.


Die wêreld laat mens dink dat liefde by 'n straatmark gekry kan word of dat jy dit in die supermark in 'n koevert kan koop. Die soort liefde wat God geskep en bewys het, is kosbaar omdat dit opoffering en teenwoordigheid behels. Dit is 'n liefde wat meer soos gebaretaal werk as die gesproke taal. Wat ek by Randy oor Jesus se soort liefde geleer het, was dat dit meer gaan om teenwoordig te wees, as om slegs 'n projek te aanvaar. Dit is nie 'n liefde wat net aan goeie goed dink, of daarmee saamstem of daaroor praat nie. Randy het die eenvoudige waarheid bevestig wat gedurig in elke goeie verhaal geweef word:


Liefde gaan oor in dade.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Does--Experience A Life Of Love In Action

Hierdie sewedag-leesplan is gebaseer op die boek deur Bob Goff om ten volle te lewe. Vind uit watter verskil jy kan maak as jy verby die beplanningstadium by die gedeelte kom om van geloof na dade oor te gaan — want lief...

More

Ons bedank Bob Goff en Thomas Nelson vir die beskikbaarstelling van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief; http://amzn.to/2q7hgsE

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid