Leesplan inligting

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou LeweVoorbeeld

How to Be Grateful for Your Life

DAG 4 VAN 5

Loopbaan



Toe God vir Adam geskep het, het Hy vir hom 'n werk gegee. Genesis 2:15 (NLV) vertel ons dat God Adam in die Tuin van Eden gesit het om dit "te bewerk en te versorg." Werk bestaan dus sedert die begin van alle tye! 



Almal werk aan iets. Voor ons 'n salaris kan verdien, doen ons dalk skoolwerk of takies by ons huise. Namate ons ouer word, betree ons ons eerste werk en beleef 'n nuutgevonde selfrespek wanneer ons ons eerste salaris verdien. As volwassenes, vind ons 'n rol of loopbaan wat by ons pas, al is dit om voltyds vir ons gesinne by die huis te sorg. 



Dit maak nie saak hoe elkeen van ons se "loopbane" lyk nie, ons het die geleentheid om 'n lewe van dankbaarheid te leef vir hoe God ons tot hier gebring het. Hier is 'n paar maniere waarop ons dankbaar kan wees vir die werk wat God vir ons gegee het om te doen:




  • Verander jou uitkyk. Selfs al is jy ongelukkig in jou huidige werk, wees dankbaar vir die vermoë om te kan werk (of by die huis te bly saam jou gesin), en maak tyd om vir diegene te bid wat met werkloosheid sukkel. 

  • Jy verdien iets Jy kan God dank vir die voorsiening wat Hy in jou lewe maak ongeag die vlak van jou inkomste. Jy kan dankbaar wees vir wat jy het, eerder as om te fokus op dit wat jy nie het nie.  

  • Lys waarvan jy hou Elke werk kom met goed waarvan jy hou. Dit kan werklike gesondheidsvoordele of aftreevoordele wees, of dit kan 'n goeie vriend wees wat jy gemaak het terwyl jy daar gewerk het. Deur te fokus op die goeie, sal jou hart versterk in die rigting van dankbaarheid.


Ons werk mag dalk meer spanning veroorsaak as wat ons wil hê. Dit mag dalk ook waar wees dat sommige van ons, op die oomblik, sonder werk is. Ons kan, ongeag die situasie, Kolossense 3:17 (NLV) as 'n gids vir ons beroepslewe toepas, dit sê: "Verder, doen alles — of dit nou met woorde of dade is — in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring." Wanneer ons ons uitkyk aanpas en sien dat dit 'n seën is om 'n werk of 'n rol as 'n voltydse versorger te hê, sal die genot wat ons in ons beroepslewe ervaar drasties vermeerder.  



Of jy nou sukkel om werk of tevredenheid te vind waar jy is, hou altyd in gedagte dat jy eerstens vir God werk. Doen elke taak, opdrag en plig in sy Naam, en dank Hom vir die vermoë om dit te kan doen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How to Be Grateful for Your Life

Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê" Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarhe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid