Leesplan inligting

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou LeweVoorbeeld

How to Be Grateful for Your Life

DAG 3 VAN 5

Gesondheid



In Psalm 139, sien ons die pragtige bloudruk van hoe intiem God elkeen van ons ken. Hy "het my gevorm," "my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder," en "geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie." Hy het ons "op 'n wonderbaarlike wyse geskep." Hoe wonderlik is ons God! 



In hierdie gevalle wêreld waarin ons leef, sal daar moeilikhede wees wat elkeen van ons moet trotseer. Soms is dit gesondheidsprobleme wat oor ons pad kom, ander kere bring ons die probleme oor onsself.  



Ongeag van waar ons in hierdie areas van ons gesondheid is, wanneer ons elke dag wakker word het ons 'n rede om God te dank vir ons geestelike, emosionele, verstandelike en liggaamlike gesondheid. Kom ons kyk na die volgende gewoontes terwyl ons in dankbaarheid leef vir ons gesondheid:




  • Eer jou liggaam. Ons liggame is God se tempel; dit beteken sy Gees woon in ons. Indien dit vir ons moontlik is om te oefen en gesonde kos te eet, moet ons ons dankbaarheid teenoor God betoon vir die vermoë om te kan oefen en die regte kossoorte vir ons liggame te kan kies. 

  • Versterk jou denke. Ongelukkig is geestesongesteldheid ‘n werklike bedreiging en hou dit mense gereeld gevange. Die meeste van ons ken iemand wat met ‘n vorm daarvan sukkel en dit kan moeilik wees om te hanteer. Indien ons nie hiermee sukkel nie, kom ons dank God vir die vermoë om ander te kan help deur 'n moeilike tydperk.

  • Groei geestelik. Bybellees, kerkbywoning en om saam met mede-volgelinge van Jesus te vergader, is verbode in sekere dele van die wêreld, tog waag baie mense in elk geval hulle lewens om dit te doen. Indien jy die vryheid het om Jesus te volg en om Hom met die mense om jou te deel, moet jy dankbaar wees vir die wonderlike gawe!


Ons sal in hierdie lewe verskeie gesondheidsprobleme ervaar. Sommige tydperke sal moeiliker wees as ander. Dit maak nie saak wat ons beleef in die gebied van geestelike, verstandelike, emosionele of liggaamlike gesondheid nie, begin elke dag met Psalm 118:24 (NLV), wat sê, “Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees!” 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How to Be Grateful for Your Life

Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê" Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarhe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid