Leesplan inligting

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou LeweVoorbeeld

How to Be Grateful for Your Life

DAG 2 VAN 5

Verhoudings



Menseverhoudings is die hartklop van ons lewens. Ons gaan skaars deur 'n dag sonder om, in ons verskillende rolle, met ander mense interaksie te hê nie. Ons is dogters, seuns, moeders, vaders, susters, broers, vriende en meer. Kom ons oorweeg ons vlak van dankbaarheid wanneer ons dink aan die verskillende rolle wat ons het. Is ons dankbaar vir die mense wat God in ons lewens geplaas het? Betuig ons ons dankbaarheid vir (en aan) hulle? 



Miskien is jy in 'n afgesaagde huwelik. Daar is dalk spanning tussen jou en 'n jarelange vriend. Of jy voel dalk dat daar te veel tweestryd tussen jou en jou kind is. Ongeag of daar spanning is of nie, ons kry in Romeine 12 duidelike instruksies oor hoe om ander te behandel: wees getrou aan mekaar, eer mekaar, wees gasvry, en lewe in vrede met mekaar, om net ‘n paar te noem. Terwyl ons leer om dankbaar te wees vir die mense in ons lewens, is hier ‘n paar ekstra wenke om ons te help: 




  • Vervang klagtes met komplimente. Dit kan nogal ‘n uitdaging wees, nie waar nie? Die meeste van ons is geneig om goed te sien wat ons frustreer eerder as die goed wat ons seën. Kom ons kies om die goeie te sien! 

  • Help iemand. Daar is iemand in jou lewe wie se las swaarder as joune is. Wys jou dankbaarheid deur iets te doen wat die ander se las sal ligter maak.

  • Skryf dit neer. Skryf iets neer oor die mense in jou lewe waarvoor jy dankbaar is. Skryf dit op ‘n nota en laat dit waar hulle dit sal vind, of hou ‘n deurlopende lys en wanneer jy 50 of 100 bereik het, gee jy dit vir hulle. Stel jou die uitdrukking op hul gesigte voor!

  • Sê net “dankie” Wanneer ons oë het om die gawes en seëninge in ons lewens te sien, sal ons sien dat daar baie is om voor dankbaar te wees. Bedank dus, daagliks jou huweliksmaat, jou kind, jou beste vriend of iemand anders vir minstens een ding.


Daar word gesê dat ons is soos die mense met wie ons die meeste tyd deurbring. Die mense wat ons in ons persoonlike binnekringe toelaat beïnvloed ons vlak van dankbaarheid. Wees daarom bedag met wie jy jou tyd deurbring. Een van die meer uitdagende dinge van ons verhoudings is dat ons dalk bereid is om te verander, maar ander mense is nie. Soms beteken dit dat daar aanpassings in ons verhoudings nodig is. 



Ongeag wie in ons lewens is, ons kan nie ons rol om in dankbaarheid te groei, verwaarloos nie. Soos Galasiërs 6:9 sê, ”Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” Namate ons ons dankbaarheid betoon vir — en aan — die mense in ons lewens, sal ons oorweldig wees oor hoe dit ons verander, en in die proses, sal ons kan sien hoe dit hulle beïnvloed. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Be Grateful for Your Life

Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê" Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarhe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid