Leesplan inligting

Hoe om Dankbaar te Wees vir Jou LeweVoorbeeld

How to Be Grateful for Your Life

DAG 1 VAN 5

Die Basiese Gewoontes van Dankbaarheid



Die geheim van geluk is om jou seëninge te tel terwyl ander hulle probleme optel. — William Penn



Wanneer ons God se Woord lees, sien ons die tema van dankbaarheid. Daar is honderde verse wat vir ons sê om dankbaarheid te betuig en om God te prys. Afgesien van die Bybel, is daar baie artikels en navorsing wat aandui dat dit voordelig is om 'n dankbare persoon te wees. Dit is bekend dat mense wat dankbaar is, minder depressief is, beter punte op skool behaal, beter slaap, gesond bly, hegter vriendskappe het en ‘n meer positiewe uitkyk op die lewe het. Basies, is dankbaarheid goed vir jou! 



In 1 Tessalonisense 5:18 NLV, skryf die apostel Paulus, “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag.” Om as dankbare mense te lewe is God se wil vir ons lewens. God het voor die begin van alle tye geweet dat dankbaarheid ‘n positiewe invloed op ons sal hê — lank voor ‘n artikel of ‘n boek oor die onderwerp geskryf is. Dus, of jou lewe glad verloop en of dit nou voel of jy in dryfsand loop, oorweeg dit om hierdie daaglikse gewoontes in jou roetine te voeg: 




  • Skep nuwe senubane. Dr. Caroline Leaf, kognitiewe neurowetenskaplike en skrywer, het gesê: ”Terwyl jy dink, verander jy die struktuur van jou brein.” Dit is nie maklik nie. Ons het egter ‘n keuse waaroor ons dink; kom ons vul dus ons denke met gedagtes van dankbaarheid.

  • Kies vyf dinge. Maak dit ‘n daaglikse gewoonte om vyf dinge waarvoor jy dankbaar is, hardop te sê of neer te skryf. Jy kan dit enige tyd van die dag doen — oggend of aand!

  • Stel 'n dankbaarheidsalarm. Kies verskillende tye van die dag. Wanneer die alarm afgaan, vra God om jou te herinner aan die seëninge en gawes in jou lewe en dank Hom daarvoor. 

  • Vertel dit aan iemand. Praat elke dag met iemand oor dit waarvoor jy dankbaar is. Dit is miskien hulle vriendskap, die sonsopkoms, ‘n kragtige oomblik saam met God, of ‘n onverwagse seën wat jy ontvang het. Om dit te sê, maak dit meer werklik.


Dit is lewensbelangrik dat ons ‘n gewoonte daarvan maak om dankbaar te wees sodat wanneer die lewe se storms ons tref, ons sal weet hoe om deur die rowwe waters te vaar. ‘n Deel hiervan is om God te vertrou en selfs om te kies om dankbaar te wees al verstaan ons nie die wêreld om ons nie. 



Soos ons aan 'n gesindheid van dankbaarheid bou, sal dit nie meer iets wees waaroor ons moet dink nie — dit sal so natuurlik word soos om asem te haal.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Be Grateful for Your Life

Regdeur die Bybel word ons geroep om "dankbaar te wees" en "dankie te sê" Hoekom? Omdat ons baie het om voor dankbaar te wees! Ons word egter nie per ongeluk dankbaar nie, maar deur 'n doelbewuste gewoonte van dankbaarhe...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid