Leesplan inligting

GEVEGSBEPROEFVoorbeeld

Battle-Tested

DAG 5 VAN 5

ONS OORLOGSWAPENS



"Wetteloosheid is wydverspreid. Vrees gryp menige harte aan. Wat staan ons te doen? Moet ons optogte hou? Moet ons betoog? Moet ons alles wat die wet ons toelaat doen om in opstand te kom teen dit wat verkeerd is, en dit wat reg is verdedig? Wat hierdie aktiwiteite ook al mag inhou, laat ons onthou dat dit nie ons primêre wapens is nie. Hierdie dinge is nie ons sterkste of beste wapens nie."

— William Culbertson (1905-1971)


Gebed, vas, en om God se Woord te lees, sal altyd ons sterkste wapens wees. Daar is geen opstand, oproer, oorlog of optogte wat ooit die plek kan inneem om op ons knieë neer te val in ons gebedskamers en God met ons hele hart te soek nie. Daar is geen slagspreuk, geen goeie aanhaling of gedagte wat God se woord in ons siele kan vervang nie. 



Dit is die Christenmanier. Dit is die manier hoe ons moet lewe. Martin Luther is bekend vir die gesegde, "Om 'n Christen sonder gebed te wees, is net so onmoontlik as om te lewe sonder om asem te haal." 



Jesus het dit duidelik gestel dat ons nie kan verwag om in geestelike krag te wandel sonder om te bid, te vas en om God se Woord te ken nie. Dis in gebed waar God harte en gedagtes verander. Deur te vas, maak ons opofferings om God te soek en te eer. In God se Woord leer ons om sy stem duideliker te hoor. 



Esra, 'n Ou Testamentiese priester, het toestemming gekry om na baie jare se ballingskap in Babilon, na Israel terug te keer. Hy het almal uitgedaag om te vas en te bid terwyl hulle huiswaarts gereis het. Die Here hoor en verhoor ons gebede. Hy mag dit dalk nie verhoor volgens ons tydsberekening of soos ons dink Hy dit moet doen nie, maar sy antwoorde en tydsberekening is altyd reg. 



Beide Esra en Jesus het die krag van gebed en vas goed verstaan. Hierdie gebruike doen iets in ons harte en siele wat baie groter is as wat ons ons kan voorstel. Hulle is oomblikke van nederigheid en innerlike verandering in ons lewens. 



Wanneer ons die lewe se moeilikhede en geestelike gevegte in die gesig staar, behoort ons eerste en enigste reaksie te wees om die Here in vas en gebed te soek. Hy is ons beste verdedigingslinie. Hy is ons groot Beskermer. Hy is ons bron van lewe.



Wat is jou eerste reaksie wanneer jy die lewe se moeilikhede in die gesig staar? Is dit gebed of iets anders?



GEBED:



Here, ek kyk slegs na U.



Ek soek slegs vir U.



Ek bid slegs tot U.



Here, dit is altyd slegs U.



Amen. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Battle-Tested

Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die gees...

More

Ons wil graag dankie sê vir Life.Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://faithchurch.family/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid