Leesplan inligting

GEVEGSBEPROEFVoorbeeld

Battle-Tested

DAG 3 VAN 5

WIE SAL VIR ONS VEG?



Dis maklik om alleen te voel wanneer jy onder moeilike omstandighede veg. Dis maklik om midde in 'n pandemie vergete te voel. Dis maklik om verlore te voel wanneer die gewone paadjie toegemaak is. Dis maklik om hulpeloos te voel wanneer jy 'n groot probleem in die gesig staar en daar niks is wat jy daaraan kan doen nie. Dis maklik om in die huidige tydperk hierdie emosies te ervaar.



Dalk was vandag een van daardie dae wat jy wakker geword het, totaal oorweldig deur die omstandighede. Jy voel magteloos, onbeduidend en alleen. Vrae soos: "Hoe is ons veronderstel om hierdeur te kom? Is daar enigiemand wat ons kan help?" maal deur ons koppe. 



Elisa se dienskneg het totaal oorweldig gevoel toe hulle vroeg in die oggend deur 'n vyandelike weermag omring is. Dit was een van daardie dae wat hy onder 'n moeilike omstandigheid wakker geword het. Hy het nie eens kans gehad om 'n koppie koffie te maak en die dag reg te begin nie. Die dag het met paniek begin.



Ek is seker Elisa se dienskneg het tegelykertyd hulpeloos en bang gevoel, maar die profeet Elisa kon sien wat sy dienskneg nie kon nie. Elisa het gesien hoe God se leërs die vyand se weermag omring. Elisa het geweet dat God vir hulle veg. God se leërs is groter as enige probleem of stryd wat ons vandag in die gesig mag staar.



Wanneer jy alleen voel, vertrou dat God naby is.



Wanneer jy vergete voel, glo dat God vir jou lief is.



Wanneer jy verlore voel, weet dat jy nog altyd gevind is.



Wanneer jy hulpeloos voel, kyk hoe God die wonderbaarlike doen. 



God veg vir ons!



In watter areas van jou lewe moet God jou oë oopmaak sodat jy sy doel kan sien?



Gebed:



Here, help my om te kan sien.



Help my om u doel te sien.



Laat my u hand sien werk.



Laat my die duidelike pad sien.



Amen 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Battle-Tested

Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die gees...

More

Ons wil graag dankie sê vir Life.Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://faithchurch.family/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid