Leesplan inligting

GEVEGSBEPROEFVoorbeeld

Battle-Tested

DAG 2 VAN 5

WAPENRUSTING VAN GEREGTIGHEID



Sonde is 'n werklikheid. Dit affekteer ons siele meer as wat ons besef. Dit is 'n saad van vernietiging. Baie van ons gedragspatrone en resultate wat ons ervaar, is die gevolg van sonde. Ons gedagtes, ons werklikhede en ons besluite word alles daardeur beïnvloed, ongeag of ons daarvan bewus is. 



Vandag gaan ons lees oor koning Agab, een van Israel se konings wat in sonde gelewe het. Hy het 'n opstandige hart gehad. Hy het nie die weë van God geëer nie en gevolglik is hy en sy familie vernietig. Hy was nie bedek met die wapenrusting van geregtigheid of kleding van beskerming nie. Die wapenrusting wat hy gedra het, was 'n vermomming en hy het gedink hy kan van sy sondige weë wegkruip.



Om in geregtigheid gekleed te wees beteken nie om die werklikheid van sonde te ontken en op ons eie kragte staat te maak nie, maar om te besef dat sonde sy merk op ons gelaat het en dat ons 'n behoefte aan 'n groter geregtigheid het. Die profeet Jesaja het dit verstaan toe hy geprofeteer het dat Jesus ons geregtigheid en verlossing is.



Koning Agab het probeer om homself te vermom en het 'n wapenrusting gedra wat geen beskerming gebied het nie. Sonde sal ons wil oortuig dat ons dinge op ons eie kan doen, maar ons het beter wapenrusting nodig. Ons het die wapenrusting van geregtigheid nodig wat slegs beskikbaar is deur die krag van Jesus Christus. Die apostel Paulus het dit verstaan toe hy sy volgelinge aangemoedig het om die borsharnas van geregtigheid en die helm van verlossing te dra.



Wanneer ons vir God lewe en sy weë vertrou, lewe ons in die geregtigheid van Jesus. Die krag van Christus leef in ons en kan ons beskerm teen die magte van die bose, duisternis en sonde. Dit maak ons nie volmaak nie maar dit maak ons eg, eerlik en opreg. Dit hou ons lewendig! 



Watter sonde moet jy ontbloot en God toelaat om te vergewe en jou daarvan te verlos?



Gebed:



Here, vergewe my my sonde.



Maak my weer nuut.



Klee my in geregtigheid.



Bedek my met u beskerming.



Amen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Battle-Tested

Ons staar almal moeilike omstandighede, kultuurbotsings en persoonlike worstelinge in die gesig. Soms is die lewe soos om in 'n geveg gewikkel te wees. Hierdie is 'n leesplan wat jou sal bemoedig en versterk vir die gees...

More

Ons wil graag dankie sê vir Life.Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://faithchurch.family/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid