Leesplan inligting

Genees deur Jesus Voorbeeld

Healed by Jesus

DAG 1 VAN 6

Almal van ons het genesing nodig



Almal van ons het een of ander vorm van genesing in ons lewens nodig. Ons kan 'n fisiese siekte, emosionele trauma, geestesversteuring of geestelike las hê waarmee ons 'n stryd voer, selfs nadat ons dit jare lank weggebid het. 



Die mense wat gelewe het toe Jesus op die aarde was, was niks anders as ons nie. Hulle het siek kinders gehad, siektes wat hulle vervreem het, en geestesversteurings wat hulle gevange gehou het. En hoewel hulle miskien nie werklik geweet het wie Jesus was nie, het hulle een ding geweet: om na Hom uit te reik vir genesing, was hul laaste hoop. Dit het hulle dan ook gedoen. 



Die boeke van Matteus, Markus, Lukas en Johannes, is gevul met verhale van mense wat deur Jesus genees is. En nie net die tipiese genesing, "deur jou hande op iemand te lê" soort van genees nie, maar Hy het mense op baie verskillende maniere genees. Mense is genees toe Hy met hulle gepraat, hulle aangeraak, hulle ondervra het, en selfs toe Hy ongewone dinge gedoen het, soos om in die modder te spoeg en mense weg te stuur om na 'n priester te gaan. 



Ons ken nie elke geval van genesing wat plaasgevind het terwyl Jesus op die aarde was nie. Johannes sê vir ons dat daar nie genoeg plek in die hele wêreld sou wees vir al die boeke om al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het, op te skryf nie (Johannes 21:25 ). Of jy nou in Jesus se teenwoordigheid was of nie, of as jy met geloof gesukkel het of nie, het Jesus die mag gehad om jou te genees. 



Kom ons neem die seun van 'n vooraanstaande regeringsamptenaar in Johannes 4. Hierdie man se seun was baie siek en naby aan die dood. Toe hy hoor dat Jesus in die stad is, vind hy Jesus en smeek Hom om sy siek seun gesond te maak. Jesus het gebly waar Hy was en het net gesê: "Gaan ... jou seun lewe" (Johannes 4:50). Ons verneem later dat die seun inderdaad beter geword het. Die oomblik toe Jesus die woorde gespreek het, was die oomblik toe die koors die seun verlaat het. 



Wat 'n verstommende wonderwerk! Jesus was nie eens naby die seun nie, en Hy het hom ook nie gesien nie. Hy het letterlik vyf woorde gespreek, en net so, is die seun genees en 'n hele gesin het in Jesus geglo. Ongeag hoe Jesus genees, moet ons net erken dat Hy genees en dat Hy dit doen soos Hy goeddink. 



In die volgende dae van hierdie leesplan sal ons van verskillende maniere leer waarop Jesus mense genees het. Mag dit ons bemoedig dat ons Verlosser 'n wonderwerker was en vandag nog steeds wonderwerke doen. Kom ons bid dat ons oë het om dit te sien. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Healed by Jesus

Almal van ons het een of ander genesing in ons lewens nodig. Ons kan 'n fisiese siekte, emosionele trauma, geestesversteuring of geestelike las hê waarmee ons 'n stryd voer — selfs nadat ons jare lank daaroor gebid het. ...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid