Leesplan inligting

Genees deur Jesus Voorbeeld

Healed by Jesus

DAG 2 VAN 6

'n Stukkie van 'n Kledingstuk



In Markus 5 merk ons dat Jesus twee dinge gelyktydig gedoen het — die dooies opgewek en siekes genees het. Sy was die dogter van 'n Joodse leier van die sinagoge, Jaïrus, wat 'n baie gerespekteerde man in die samelewing was. Tog het hierdie desperate vader op sy knieë neergesak en Jesus gesmeek om sy geliefde dogter te genees. Toe Jesus dit sien, het Hy dadelik saam met die man gegaan. 



Wat interessant aan hierdie verhaal is, is dat Jesus op pad was na 'n meer dringende saak, om die sterwende meisie te genees, toe Hy "onderbreek is." Skares mense het Hom gevolg en was oral om hom. Tog het daar iets onverwags gebeur wat Jesus se aandag afgelei het van sy voorgenome doel — Hy het gevoel hoe daar krag uit Hom uitgegaan het. 



Sy dissipels was stomgeslaan toe Hy vra wie Hom aangeraak het, want daar was so baie mense wat van alle kante af teen Hom gedruk het. Jesus was egter vasbeslote om die persoon te vind. Toe Hy vra wie sy klere aangeraak het, val die vrou vinnig aan sy voete en vertel Hom alles. Sy het verduidelik dat sy al twaalf jaar aan bloedvloeiing ly, en dat sy alles gedoen het waarvan sy geweet het en alles wat sy kon bekostig, om 'n oplossing te vind. Sy was onsuksesvol, en a.g.v. haar toestand was sy verstoot en wou niemand haar help nie. Totdat sy Jesus gevind het.



Die oombliklike genesing het 'n martelstryd van twaalf jaar vir hierdie vrou beëindig ... net so. Dit was nie nodig dat sy Jesus moes vra om haar siekte aan te spreek om haar te verlaat, of om Hom te smeek om aan haar liggaam te raak sodat die bloed kon opdroog nie. Dit was nie nodig om 'n afspraak met die Messias te maak om 'n wonderbaarlike prosedure te ondergaan of om 'n wonderwerkende kruiemengsel te gebruik om gesond te word nie. Sy het gehoor wat Jesus gedoen het en het gedink dat net deur aan sy kleed te raak, genoeg sou wees. Dus het sy dit gedoen. Dit wás genoeg. 



Wat verbasend is aan hierdie verhaal, is dat Jesus niks fisiek gedoen het om haar te genees nie. Ja, sy krag het haar genees, maar Hy het nie genesing gespreek of aan haar geraak nie. Sy het na Hom gekom. Sy het geglo sy aanraking kon haar genees, al was dit net 'n stukkie van sy klere.



Het ons hierdie soort geloof wat ons behoefte aan genesing betref? Of ons nou 12 dae of 12 jaar siek is, glo ons dat een geringe aanraking van Jesus die krag het om ons te genees? Hierdie vrou het so lank op genesing gewag en op absoluut die regte tyd het sy hare gekry. 



Mag ons bemoedig word om nie hoop te verloor nie. Laat ons nie traag ​​in ons wagperiode raak nie, maar eerder in afwagting wees dat ons Jesus besig is om in ons te werk tot die tyd wanneer Hy volkome genesing bring. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Healed by Jesus

Almal van ons het een of ander genesing in ons lewens nodig. Ons kan 'n fisieke siekte, emosionele trauma, geestesversteuring of geestelike las hê waarmee ons 'n stryd voer — selfs nadat ons jare lank daaroor gebid het. ...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid