Leesplan inligting

Om 'n Gesonde Kerk Te PlantVoorbeeld

Planting A Healthy Church

DAG 7 VAN 7

Vervul die Opdrag


Volgens die IBISWorld-verslag, verdien die huweliksbedryf meer as R825 miljard per jaar. Jy mag dink dat dit 'n aanduiding van ons passie en verbintenis tot die huwelik is, maar navorsing het getoon dat 'n toename in uitgawes op die bruilof in der waarheid die duurte van huwelike negatief beïnvloed. Die bruilof het die fokus geword in plaas van die huwelik. Die bruilof kan so oorweldigend wees dat die fokus op die verhouding en die langtermyn verbintenis van die huwelik vir baie paartjies verlore gaan.


Dit is so 'n belangrike aanmaning aan kerkstigters. Die bekendstelling is net die begin van die kerk. Moenie te midde van al die harde werk om die kerk bekend te stel, die hoofdoel misloop nie: om 'n suksesvolle, lewegewende kerk tot stand te bring. Die bekendstellingsdag is net dit – een dag. Bekendstelling is nie die doel nie, dit is net die begin om die doel te bereik.


Klankstelsels, goeie fasiliteite vir kinders, uitstekende musiek, goedbeplande oorgange, toegewyde vrywilligers, verwelkomende atmosfeer en kragtige inhoud is alles dinge waaraan jy gewerk het sodat mense ten volle toegewyde volgelinge van Christus kan word. Hierdie dinge is egter nie die fokus nie. Hulle help jou bloot met die missie om mense vir Jesus te bereik.


Terwyl jy aan jou bekendstelling werk, moet jy onthou dat dit net die begin van 'n wonderlike missie is. Toon hierdie visie aan jou span, wees passievol en vervul die roeping wat God aan jou en jou kerk gegee het. As die Kerk van God kan ons saam meer doen as wat ons ooit afsonderlik sou kon, leun dus op ander om jou te ondersteun. Dit is tyd om die opdrag te vervul. Gaan maak dissipels!


Ons wil graag die beginsels deel wat leiers regoor die wêreld gebruik om nuwe kerke suksesvol te stig en die sendingopdrag te vervul. Om meer daarvan te leer, besoekwww.network.church of laai ons gratis kerkbeplanningsboek af.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Planting A Healthy Church

Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou i...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid