Leesplan inligting

Om 'n Gesonde Kerk Te PlantVoorbeeld

Planting A Healthy Church

DAG 6 VAN 7

Hou Dit Eenvoudig


Voel jy oorweldig deur die werk om 'n kerk te bou of te stig? Daar is so baie om te doen en soveel om te oorweeg — befondsing, mense, bedieninge, geboue, ligging, en dit gaan nog aan. Dit kan oorweldigend wees! Onsekerhede, strydende stemme, vrees en trots kan dikwels rigting aan ons bedrywighede gee.


In Haggai het God die Israeliete drie eenvoudige stappe gegee om die taak te voltooi om God se tempel te herbou: klim op na die berg, kry die hout en bou die tempel. Hierdie stappe was nie maklike werk nie, maar hulle was eenvoudig genoeg om te verstaan. Dit het die Israeliete gehelp om te fokus op wat hulle kon doen om die opdrag te voltooi, en nie op dit wat hulle nie kon beheer nie. God sal ons net vra om iets te aan te pak waarvoor Hy reeds die hulp, hulpbronne en leierskap voorsien het.


Om die uitkoms en sukses van die kerk te beheer, is nie ons werk nie. Gehoorsaamheid is. Dit is nie altyd maklik nie. Hou dit net eenvoudig. Fokus op die stappe wat God jou gegee het.


Byvoorbeeld, wanneer jy begin, fokus net op drie dinge — 'n kinderbediening, 'n aanbiddingservaring en atmosfeer. Skep 'n kinderbediening waarheen kinders sal smeek om weer te kom; 'n aanbiddingservaring waarheen God week na week genooi word, en 'n atmosfeer waar alle mense weet dat hulle welkom is. Jy hoef nie op dag een weg te spring met 'n jeugprogram of kleingroepies nie.


Moenie nou al oor jaar twee se begroting bekommerd wees nie. Fokus daarop om die nodige fondse vir bekendstelling te kry. Terwyl jy die eerste paar treë gee, sal God getrou wees om vir jou stappe vier, vyf en ses te wys. Moenie bekommerd wees oor die dinge buite jou beheer nie. Dit is God se verantwoordelikheid.


Terwyl jy vandag lees, identifiseer wat jý kan doen en wat God sal doen. Dit sal jou help om dit eenvoudig te hou en te fokus op wat jý kan doen terwyl jy God vertrou om te doen wat net Hý kan doen!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Planting A Healthy Church

Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou i...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid