Leesplan inligting

Om 'n Gesonde Kerk Te PlantVoorbeeld

Planting A Healthy Church

DAG 3 VAN 7

Bou op sy Fondament


Het jy geweet dat jy 'n kundige kerkbouer en groeikonsultant tot jou beskikking het? Hy is 100% verbind om jou te help om jou kerk te stig.


Dit word selfs nog beter! Jy het toegang tot die heel beste kerkleier konsultant wat ongelooflike visie, 'n massiewe missie en duidelike waardes vir jou kerk het. Hy staan gereed om jou kerk te lei na alles wat God daarvoor beplan het, alles gratis. Daar is geen koste verbonde aan enige van hierdie dinge nie, en daar is geen manier om 'n prys op die waarde hiervan te plaas nie.


Al hierdie kragtige dinge is in en deur die persoon en krag van Jesus. Die Kerk was Jesus se idee. Hy het dit gestig, en Hy is nog steeds ten volle daartoe verbind. Hy is die fondament, die bouer en die hoof van die Kerk. Ten volle toegewyde volgelinge van Christus bou nie die Kerk nie. Jesus bou sy Kerk deur ten volle toegewyde volgelinge. Jou werk is om Hom te volg en 'n kerk op sy fondament te bou.


Jy het 'n paar belangrike dinge wat reeds in plek is vir jou kerk se bekendstelling. In vandag se Skrifgedeelte sal jy sien dat daar drie dinge is wat jy reeds hét om jou kerk te stig en wat jou 'n groot voordeel gee!


Eerstens is die fondament vir jou kerk reeds gelê. Jy moet net voortbou op daardie fondament – wat Jesus is. Ook het jy in Hom iemand wat toegewyd is om jou kerk sterk te laat groei – so sterk dat die poorte van die hel nie 'n kans staan nie! Jy het ook iemand wat met 'n visie, missie en waardes die Kerk lei – en dis Jesus. Hy is die fondament, die bouer en die hoof van die Kerk.


Laat die waarheid van hierdie dinge diep by jou insink terwyl jy vandag lees. Wat is die betekenis hiervan vir jou as die een wat 'n kerk stig? Hoe verander dit jou perspektief? Hoe sal jy op sy fondament bou?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Planting A Healthy Church

Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou i...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid