Leesplan inligting

Onvolmaakte OuerskapVoorbeeld

Imperfect Parenting

DAG 6 VAN 6

Laat Vaar 



Ons kan hoop en inspirasie kry van ouers wat ons vooruitgegaan het. Ons kan by hulle hoop en bemoediging kry wanneer die pad moeilik raak. Wanneer ons op die punt kom waar ons voel ons kan nie meer nie, dan sê ons hemelse Vader vir ons: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is ” (2 Korintiërs 12:9). Wanneer jy dus op jou swakste is, werk God se krag die beste. 



Een van die moeilikste tydperke van ouerskap, is net vóór en gedurende die tienerjare. Dit is in hierdie tydperk wat ons veranderinge in hulle houdings raaksien en wanneer hulle van ons as ouers begin onttrek. Dit is tog presies wat moet gebeur sodat hulle gesonde, verantwoordelike, onafhanklike volwassenes kan word. Wat kan ons dan daaromtrent doen? Aanvaar dit. 



Laat hulle toe om te kies en lei hulle om te verstaan dat keuses nagevolge het wat hulle moet dra. As jou 10-jarige al sy sakgeld op lekkernye wil spandeer en dan geen sakgeld vir die res van die week oorhet nie, laat hom begaan. Dit gaan nie in die groter prentjie 'n verskil maak nie, maar dit gaan hom 'n les leer. 



Laat hulle vrae oor hulle geloof vra. Alle kinders het vrae. Hulle vra omdat hulle antwoorde nodig het. Moenie bang wees om te sê: “Ek weet nie.” Moet ook nie bang wees om te probeer uitvind nie. Jy moet hoofsaaklik net luister. Onthou, ons probeer ook ons kinders verstaan en om hulle mensheid te leer ken.



Laat hulle toe om te misluk en lesse te leer. Dit is een van die uitdagendste take vir ouers. Ons het lewensondervinding en kan sien wat die gevolge van dade is, maar hoe anders gaan hulle leer as jy hulle die heeltyd voorsê? Miskien vereis hulle vakansiewerk dat hulle reeds om 6:00 daar moet wees. 'n Paar oggende wat hulle verslaap en die nagevolge moet dra, sal vir hulle 'n waardevolle lewensles leer.



Om te laat vaar beteken nie jy gee op nie, dit beteken ook nie jy gryp in nie. Daar is 'n tyd en plek daarvoor, selfs in die lewens van ons volwasse kinders. Voor jy ingryp, vra jouself: “Is die moontlike uiteinde hiervan iets wat moeilik gaan wees om te oorkom?” As die antwoord nee is, hou jou opinies vir jouself. As die antwoord ja is, wys jou kind se versoek af, of praat met jou volwasse kind op 'n respekvolle wyse. 



Die slotsom is, van die oomblik wat ons ouers word, moet ons die proses begin om te laat vaar. En dit is 'n proses. Dit druis in teen alles in ons, want ons wil ons kinders beskerm en teen swaarkry bewaar. Tog moet ons leuse as ouers wees: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” (Filippense 4:13). Dis gewoonlik deur worsteling wat die wonderlikste eindresultaat gelewer word. In ons en in ons kinders.


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect Parenting

Die druk wat ons op onsself plaas om perfekte ouers te wees is genoeg om vir ons slapelose nagte te gee. Ons dink ons moet die beste ouers wees en dit maak ons angstig om te dink ons kan moontlik ons kinders se ondergang...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid