Leesplan inligting

Onvolmaakte OuerskapVoorbeeld

Imperfect Parenting

DAG 3 VAN 6

Verhouding Eerste 



Die apostel Paulus skryf in Romeine 3:23: “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.” Dit beteken dat elke liewe mens, ook ons kinders, sal foute maak. Hierdie foute sal soms lei tot ernstige nagevolge, en soms nie. As ouers, moet ons aan ons kinders raad gee en hulle begelei wanneer hulle misluk, maar die belangrikste bly ons verhouding met hulle. Dink na oor die volgende terwyl jy leer hoe om julle verhouding eerste te stel: 



Moenie Vergeet Nie

Dis nogal moeilik om aan te beweeg van die foute en sondige besluite wat ons kinders geneem het. Ons voel so mismoedig oor hulle sondige dade dat ons soms vergeet: ons was ook kinders. Onthou jy nog daardie benoude oomblikke wat jy gewag het vir Ma of Pa om huis toe te kom? Kom ons probeer hard om empatie te toon wanneer dit by ons kinders kom. Kom ons vergewe hulle net soos God ons in Christus vergewe het (Efesiërs 4:32). Hulle probeer maar net om om hul eie mensheid te hanteer — soos ons almal. 



Laat die Visie Hulle Lei

Die meeste families sal reëls hê hoe om hulle kinders veilig te hou en hulle te help om lewensbesluite te neem. Sommige reëls is veronderstel om altyd daar te wees omdat hulle waardevol is, maar ander moet slegs vir 'n tydperk geld. Partykeer is dit die streng onbuigbare reëls wat tot opstand lei. Dit is in hierdie tye wat ons onsself moet afvra: “Is hierdie reël nodig?” Dit is moeilik vir ouers om reëls te “verslap”, want óf hulle is te trots, óf hulle is bang dat hulle kinders gaan dink hulle is te inskiklik. Ons moet deur ons onsekerheid werk en doen wat nodig is om ons toekomstige verhouding met ons kinders te beskerm. 



Dit Gaan Nie Oor Jou Nie 

Dit is van kardinale belang dat ons hierdie aspek van ouerskap verstaan, so moeilik soos wat dit is. Wanneer ons kinders foute maak, gaan dit nie oor ons nie. Dit is 'n uitdaging vir ouers om nie jou kinders se foute persoonlik op te neem nie. Soms voel ons of hulle probeer om ons lewe omver te werp, maar dis nie die geval nie. Soos hierbo genoem, probeer hulle net hul eie mensheid te verstaan. Ons moet hulle nie laat skuldig voel nie. Hulle het ouers nodig wat verstaan dat hulle probeer ontrafel hoe om te lewe in 'n wêreld wat nie vir hulle omgee of oor hulle behoeftes besorg is nie. 



Ons moet probeer onthou hoe dit was om 'n kind te wees. Kom ons wees die ouers wat ons kinders aanmoedig om net soos ons “met vrymoedigheid na die genadetroon” te gaan sodat ons barmhartigheid en genade op die regte tyd ontvang (Hebreërs 4:16). Ons kinders probeer grootword, en om foute te maak is deel daarvan. Wanneer ons kinders hartseer en mismoedig voel, moet ons onthou dat 'n verhouding met hulle die mees kritiese oorweging moet wees.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect Parenting

Die druk wat ons op onsself plaas om perfekte ouers te wees is genoeg om vir ons slapelose nagte te gee. Ons dink ons moet die beste ouers wees en dit maak ons angstig om te dink ons kan moontlik ons kinders se ondergang...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid