Leesplan inligting

Onvolmaakte OuerskapVoorbeeld

Imperfect Parenting

DAG 1 VAN 6

Die Volmaakte Ouer 



Ouerskap. Almal het hiermee ondervinding, want almal is iemand se kind. Sommige mense het goeie ondervindings met hul ouers gehad, ander het seer en pyn beleef. Of ons 'n positiewe uitkyk op ouerskap het en of ons besorgd is dat ons alles verkeerd gaan doen, is die goeie nuus dat ouerskap en volmaaktheid nooit saamwerk nie. Die heel beste nuus is dat die enigste Een wat die volmaakte ouer is, staan reg om ons te lei. 



Daar word op verskeie maniere in die Bybel na God verwys, maar Hy bly dieselfde God wat net verskillende rolle aanneem. Net soos ons vriende, broers en kollegas is, so is God Skepper, Voorsiener en Vader. As gevolg van wat Jesus vir ons gedoen het, word ons kinders van God genoem. Om die waarheid te sê, ons is mede-erfgename saam met Hom!



Daar is geen manier wat ons alles kan lys wat God doen en wie Hy is nie, maar hier volg verskeie maniere hoe God 'n Vader vir ons is: 



Hy Het Ons Lief

God se liefde is vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Ons kan ons dankbaarheid aan Hom bewys deur Hom met ons hele hart te volg en om ander lief te hê. (1 Johannes 4:9-11)



Hy Tug Ons

Is daar miskien 'n kind wat nie deur sy vader getug word nie? Dis nie lekker nie. Tog leer dit ons om eerbied te hê en beter mense te word. Dikwels lei straf selfs tot van die grootste deurbrake. (Hebreërs 12:7-8, 11)



Hy Voorsien vir Ons

Ons hemelse Vader het belowe om wat ons nodig het te voorsien. Ons hoef nie bekommerd te wees oor wat ons gaan eet of aantrek nie — Hy sê hy sal vir ons sorg! Beywer julle allereers vir die koninkryk en wil van God en Hy sal julle ook al hierdie dinge gee. (Matteus 6:25-34)



Hy Vergewe Ons 

Ons dink dalk soms dat ons sondes te groot of te veel is vir God om te vergewe. Miskien voel jy ver van God af en jy weet nie wat om te doen nie. Daar is goeie nuus: "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid." (Psalm 103:9-12; 1 Johannes 1:9)



Hy Berei 'n Woonplek vir Ons

Ons is God se erfgename. Die hemelse erfenis is vir ewig, nie soos aardse geld en besittings wat opraak nie. Jesus gaan om vir ons plek gereed te maak, en Hy kom terug om ons na Hom toe te neem. (Johannes 14:1-4)



Laat dit ons begelei hoe ons ouers vir ons eie kinders kan wees. Oordink hierdie waarhede oor God as ons Vader en identifiseer in watter area jy as 'n ouer moet groei. Is ons liefde vir ons kinders van hulle dade afhanklik? Probeer ons om 'n vriend te wees en laat dan na om hulle te tug? Weier ons om hulle oor-en-oor te vergewe?



Ons gaan nie alles regkry nie, maar net omdat ons onvolmaakte ouers is, beteken dit nie ons moet nie daarna strewe om ons beste te gee nie. Oor die volgende vyf dae van hierdie leesplan gaan ons van die belangrikste dinge behandel wat ons kan implementeer in ons verhoudings met ons kinders om hulle te help om gesonde, verantwoordelike en onafhanklike grootmense te word. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect Parenting

Die druk wat ons op onsself plaas om perfekte ouers te wees is genoeg om vir ons slapelose nagte te gee. Ons dink ons moet die beste ouers wees en dit maak ons angstig om te dink ons kan moontlik ons kinders se ondergang...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid