Leesplan inligting

Onvolmaakte OuerskapVoorbeeld

Imperfect Parenting

DAG 4 VAN 6

Bestudeer Jou Kinders



Die meeste van ons het in ons lewens formele onderrig ontvang. Miskien het ons matriek, 'n voorgraadse diploma of nagraadse studies aan 'n universiteit voltooi, of miskien het jy meer “in-diens” opleiding ontvang wat jou beroep ondersteun het. Ons ontwikkel kennis in 'n vakgebied wanneer ons streef om akademiese inligting te bekom. 



Wat dink jy sal die resultaat wees as ons daardie selfde dryfkrag in ons ouerskap toepas? Wat as ons  nie net kies om ons kinders te bestudeer nie, maar “maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil”? (Efesiërs 6:4) Dit sal onthul wat hulle dryfkrag gee, wat hulle harte breek, wat hulle motiveer en wat hulle geliefd laat voel. Dit is die moeite werd, ongeag hoe oud jou kinders is. Hier volg 'n paar voorstelle om jou daarmee te help.



Ontdek Hul Persoonlikheidstipe

Daar is baie maniere om vas te stel watter soort mens iemand is. Van boeke en vraelyste wat iemand se persoonlikheid vasstel tot die wat sterk punte identifiseer. Is jou kind 'n ekstrovert? Hou hulle van struktuur? Raak hulle gevoelens maklik gekwes? Hierdie dinge etiketteer nie jou kinders nie, maar help ons om te verstaan hoe hulle op die lewe en in verhoudinge reageer. Moenie toelaat dat enige van hierdie hulpmiddels jou kind definieer nie, maar jou help om hulle beter te verstaan. 



Ontdek Hul Geestelike Gawes

Elke volgeling van Jesus het ten minste een geestelike gawe. Ons ontvang dit van die Heilige Gees volgens sy wil. Ja, dit beteken selfs jou baba of 5-jarige kind. Jy het moontlik al karaktereienskappe waargeneem wat sekere gawes aandui. God bepaal hierdie gawes, maar as ouers kan ons 'n rol speel om dit te help ontwikkel sodat hulle: “namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien” (1 Petrus 4:10). 



Ontdek Hul Liefdestaal

Gary Chapman, het 'n boek "The Five Love Languages" geskryf. Chapman beweer in hierdie boek dat ons verhoudings sal versterk wanneer ons leer hoe om liefde te gee en te ontvang. 'n Opvolg op dié boek is "The Five Love Languages of Children", wat ouers leer hoe om hulle kind se liefdestaal te praat. Albei boeke bied soveel wysheid en insig, en sal ons help om te ontdek wat die beste manier is om ons kinders te hanteer sodat hulle ons liefde sal ervaar. 



Deur jou kind te bestudeer gaan jou nie die perfekte ouer maak nie, maar jy sal wel groei in julle verhouding en in jou begrip van hulle. Kies dus vandag om in jou persoonlike kennis van jou kind te belê, deur tyd saam deur te bring, hulle te bestudeer en voor jy jou oë uitvee is jy Dr. Ma en Dr. Pa.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Imperfect Parenting

Die druk wat ons op onsself plaas om perfekte ouers te wees is genoeg om vir ons slapelose nagte te gee. Ons dink ons moet die beste ouers wees en dit maak ons angstig om te dink ons kan moontlik ons kinders se ondergang...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid