Leesplan inligting

VrygespreekVoorbeeld

Vrygespreek

DAG 4 VAN 5

Maak spasie vir grasie 


Die meeste van ons het spoed nodig om dinge gedoen te kry. Jesus doen dinge egter heeltemal anders. Hy hardloop nie rond teen duiselingwekkende snelhede nie. Tot vandag toe versprei Jesus genade teen presies die regte spoed, want Hy het genoeg krag om dinge stadiger te doen, nie vinniger nie. Met slegs ’n woord kan Jesus berge skuif. Met ’n paar sagte woorde van ontferming kan Hy sondaars in ’n oogwink bevry, grafte laat oopgaan en storms tot bedaring bring. Jesus het definitief nie ’n skare engele, slim adviseurs, of ’n groot weermag nodig om sy genadedoelwitte te bereik nie. Jesus het alle mag in die hemel en op aarde. Hy alleen hou die leisels. Daarom dat Jesus ook die tempo, die spoed van genade bepaal. 


Jesus het die alleenmandaat om egte genade te versprei, maar Hy doen dit altyd teen sy eie spoed. Hy kompeteer nooit met die res van die wêreld om jou of iemand anders se aandag nie. Daarom moet jy maar ’n slag jou radio afskakel, jou selfoon eenkant sit, ’n afspraak kanselleer om Jesus se genadevolle woorde te hoor. 


Jy moet kort-kort deur die loop van jou dag uit daardie 150-kilometer-per-uur-sone kom sodat jy hemelse genade kan hoor en ervaar. Jou dagbeplanner moet baie spasie vir grasie inruim, anders is jy in groot moeilikheid. Elke dag moet ’n hele paar stil oomblikke saam met God insluit. Leer asseblief die ritme van hemelse genade aan. Sinkroniseer jou dagbeplanner met hemelse genade. Loop altyd agter Jesus, nooit voor Hom nie, anders loop jy heeltemal te vinnig. Loop op sy hakke sodat sy hemelse skadu op jou val. As jy nie meer vir Jesus voor jou sien nie, is jy ver buite die spoedgrens van genade. Dan is jy op jou eie. Draai dadelik af uit die vinnige baan van die lewe. Loop slegs in die voetstappe van die Man van Nasaret. 


Val in agter Jesus. Hy laat altyd duidelike voetspore in die sand. As jy mooi kyk, sien jy sy voetspore reg voor jou op jou lewenspad. Plaas maar net jou eie voetspore in Syne. Hou aan om dit te doen, voetjie vir voetjie, tree vir tree, dag vir dag, week na week, jaarin en jaaruit. Dan sal jy spoedig die ritme van genade begin bemeester. Dan sal jou lewensritme spoedig in ritme met hemelse genade begin vloei.  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vrygespreek

Hierdie dagstukkies herinner ons dat ons geloof gebou is op God se oneindige groot genade vir ons. In ‘n wêreld waar daar maar baie min genade te sien is, soms veral in die kerk, kom spreek God ons deur Jesus Christus vr...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid