Leesplan inligting

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?Voorbeeld

Why Is It So Hard to Forgive?

DAG 5 VAN 5

Petrus se Verloëning van Jesus



Die eerste persoon aan wie Jesus gesê het: "Kom, volg my" was 'n man genaamd Petrus. Sy getuigskrif was nie lank nie, want hy was net 'n eenvoudige visserman. Petrus sou egter een van die waardevolste, waarskynlik die heel waardevolste, dissipel van Jesus word. Hy was duidelik 'n leier, omtrent altyd eerste op die lys wanneer hulle opgenoem word en hy was deel van Jesus se "binnekring." 



Petrus was baie uitgesproke, soveel so dat hy in Matteus 26:33 verklaar het: "Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie." Maar tog, toe die oomblik vir Petrus aangebreek het om te praat en sy vriendskap met die Verlosser op te eis, het hy gevries. Hy het ook nie net stilgebly nie, hy het Jesus heeltemal verloën en hom gedistansieer daarvan dat hy Jesus geken of gevolg het. 



Dit is sekerlik iets wat nie vergewe kan word nie, nie waar nie? Om sonde te doen deur te jok, ander te verkul of te steel is sleg, maar om Jesus te verloën, voel soos iets waarvan jy nie weer kan herstel nie. Jy kan daardie woorde nie weer terug in jou mond sit nadat hulle in die atmosfeer verdwyn het nie. Nadat die haan gekraai het, het Petrus diep bewus geword van wat hy so pas gedoen het, en hy het bitterlik gehuil. 



Maar Jesus — omdat Hy ten volle God en ten volle mens is — het al voordat Hy Petrus tot dissipel geroep het, geweet wat Petrus sou doen. Jesus het geweet hoe diep Petrus se smart sou wees sodra die oorverdowende besef van sy dade aan hom duidelik geword het. Jesus het geweet dat hierdie verskriklike misstap in Petrus se lewe die katalisator sou wees wat hom die stukrag sou gee om die wêreld te verander en die evangelie tot aan die uithoeke van die aarde te neem. Jesus het dit geweet en hom steeds gekies. Hy het Petrus vergewe en hom ook later weer in sy voormalige posisie aangestel.



Miskien het jy iets in jou lewe gedoen waarvan jy voel dat jy nie weer sal kan herstel nie. Dalk het iets wat jy gesê of gedoen het, sulke swak en ontmoedigende gevolge gehad dat jy geen idee het hoe die God van die heelal jou ooit sal kan vergewe nie. Wel, goeie nuus — dit is hoekom Hy vir Jesus gestuur het. 



Die sonde van die hele wêreld, van almal wat nog ooit sou leef, is op ons Verlosser geplaas toe Hy wanhopig aan die kruis gehang het. Elke aaklige gedagte, afstootlike aksie of haatdraende woord wat nie aan God se volmaakte standaard voldoen nie, is bedek deur die bloed wat by ons Verlosser se liggaam afgeloop het. Toe Hy sy laaste asem uitgeblaas en hierdie aarde verlaat het, het elkeen van daardie sondes saam met Hom gegaan. 



Soos wat jy deur jou eie sonde en swak keuses werk wat jou en ander mense se lewens geaffekteer het, dink aan Jesus. Hy het geweet dat ons in sonde gedompel sou wees, en selfs al het Hy dit verstaan, het Hy steeds vir ons gesterf. 



As die volmaakte Seun van God ons kan vergewe, moet ons nie ook dan 'n manier vind om ander te vergewe nie?


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Why Is It So Hard to Forgive?

Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit vers...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid