Leesplan inligting

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?Voorbeeld

Why Is It So Hard to Forgive?

DAG 4 VAN 5

Die Vrou wat In Owerspel Betrap is



Eendag terwyl Jesus besig was om mense in die tempel te leer, het die skrifgeleerdes en godsdienstige leiers 'n vrou weens haar sonde na Hom toe gebring. Hulle het vir Jesus vertel dat sy op heterdaad betrap is waar sy owerspel gepleeg het. Dit was nie nodig om Jesus te herinner aan die wet nie, maar hulle het dit in elk geval gedoen. "Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van 'n medeburger, moet doodgemaak word" (Levitikus 20:10). Toe vra hulle vir Jesus wat Hy van die saak dink.



Jesus het kalm gebuk om iets onverwags te doen — Hy het in die sand begin skryf. Toe sê Hy: "Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi" (Johannes 8:7). Hy het gebuk om verder in die sand te skryf, en die aanklaers het geleidelik weggeglip. 



Dit is interessant dat hulle vir Jesus met die vraag 'n strik probeer stel het. Hulle wou sien of Hy die wet sou onderhou of nie, en tog het hulle self nie die wet volledig onderhou nie. As hierdie vrou op heterdaad in owerspel betrap is, het hulle nagelaat om die man saam met wie sy was ook te bring — want volgens die wet moes albei doodgemaak word. 



Jesus het vir die vrou gevra waar haar aanklaers was. Hy het toe gesê dat Hy haar nie veroordeel nie en haar opdrag gegee om haar sondige lewe agter te laat.  Daar was geen praatjie oor "hoe kon jy dit doen!"  nie, en daar was ook nie 'n 10-stap program om haar te help om uit die moeilikheid te kom nie. Daar was net 'n eenvoudige, dog kragtige bevel deur 'n sagmoedige Verlosser wat regtig wou hê dat sy "gaan en haar sondige lewe agterlaat."



Dat Jesus vir hierdie vrou gesê het dat Hy haar nie veroordeel nie en haar weggestuur het, het die Fariseërs en skrifgeleerdes in die skande gesteek. Hulle het hul eie wette volledig nagekom, en dit het geestelike elitisme tot gevolg gehad. Dit is al wat hulle gehad het om op staat te maak. As hulle maar net geweet het in hoe 'n mate Jesus se vergifnis hul lewens kon verryk. 



Ons mag dalk diegene wees wat in enige situasie vergifnis nodig het. Miskien is ons dié wat 'n onuitspreeklike daad gepleeg het wat ons nog nie eers verwerk het nie. Dit is nodig dat ons Jesus se woorde daaroor hoor — Hy veroordeel ons nie, maar begeer dat ons ons sondige lewens agterlaat. Ons mag egter ook diegene wees wat moet vergewe. Die vrou het sonde gepleeg wat die dood tot gevolg moes hê, maar steeds het Jesus haar nie veroordeel nie. 



Namate jy deur hierdie belangrike verhaal van vergifnis en verlossing werk, vra vir God om jou hart te deursoek en jou te help sien waar vergifnis toegestaan of ontvang moet word.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Why Is It So Hard to Forgive?

Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit vers...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid