Leesplan inligting

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?Voorbeeld

Why Is It So Hard to Forgive?

DAG 3 VAN 5

Die Onvergewensgesinde Skuldenaar 



Een van die mees diepgaande voorbeelde van vergifnis in die Bybel is waar Jesus die verhaal vertel van 'n koning wat sy skulde wou insamel. Daar was 'n man wat nie die groot bedrae geld wat hy aan die koning geskuld het, kon terugbetaal nie, dus het hy met sy gesig op die grond geval en om genade gesmeek. Die koning het hom jammer gekry en genadiglik die skuld afgeskryf. 



As 'n mens dit klaar gelees het, neem jy sommer aan dat die man wie se skuld afgeskryf is, deur dankbaarheid oorweldig sou wees, nie waar nie? Hy sou nooit die bedrag wat afgeskryf is, kon terugbetaal het nie. Daarbenewens is sy gesin ook nie skade aangedoen nie. Dis jammer dat ons net in die volgende vers lees dat hy nie dieselfde genade aan iemand bewys het wat hom slegs 'n breukdeel van die bedrag geskuld het wat hy aan die koning geskuld het nie. Hy het die man selfs laat arresteer en in die tronk laat gooi totdat hy die skuld kon terugbetaal.



Daar het iets in hierdie man se hart verander tussen die oomblik toe hy die koning op sy knieë om genade gesmeek het vir sy skuld, en toe hy opgestaan en die man gesien het wat hom 'n baie kleiner bedrag geskuld het. Wat was dit?



Een van die belangrikste komponente van vergifnis, is om empatie te kan betoon. Wanneer ons empatie aan ander betoon, plaas ons onsself in hul situasie en toon begrip en medelye. Die man wie se groot skuld deur die koning afgeskryf is, het nie gekies om empatie te betoon aan die man wat hom inderwaarheid baie min geskuld het nie. 



As ons eerlik is, sal ons almal onsself waarskynlik in hierdie verhaal kan herken. Hoe dikwels het ons al gekies om nie iemand wat ons seergemaak het te vergewe nie, maar wou steeds self God se vergifnis ontvang? Ons het almal gesondig. Baie erg. Elke enkele sonde van ons voldoen nie aan God se volmaakte standaard nie. 



Ons beskou dikwels ons sonde verskillend. Ons beskou ons sonde as klein in vergelyking met ander s'n, maar alle sonde druis in teen God se wil. Die enigste verskil? Sommige sonde het swaarder gevolge — party is dalk onbenullig, terwyl ander lewensveranderend is. 



Ons ken nooit die hele verhaal of agtergrond van iemand anders se lewe nie. Ons verstaan nie altyd watter ervarings hul lewens negatief beïnvloed het nie. 'n Baie belangrike deel van vergifnis is om 'n perspektief te kies wat nie slegs ons eie is nie. Dit verg werk van ons kant af om empatie te betoon. Dit kom dikwels nie vir ons natuurlik nie, maar om ander te vergewe, kan die sleutel wees tot 'n lewe van vrede.



Is daar iemand van wie jy vergifnis weerhou? Iemand wie se sonde teen jou nie so erg was as wat dit vir jou voel nie? Pas jou straf om hulle nie te vergewe nie, nie by die eintlike "oortreding" nie? Vra vir God om jou te wys wie jy moet vergewe, en bied daardie vergifnis aan.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Why Is It So Hard to Forgive?

Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit vers...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid