Leesplan inligting

Hoekom Is Dit So Moeilik Om Te Vergewe?Voorbeeld

Why Is It So Hard to Forgive?

DAG 1 VAN 5

Wat is vergifnis, en waarom is dit so moeilik?



Wanneer ons gebore word, het ons so baie om te leer. Ons moet onder andere leer praat, loop en skryf en nog baie meer. Niemand hoef ons egter te leer om die verkeerde ding te doen nie. Ons hoef nie 'n klas by te woon oor hoe om selfsugtig te wees, ander seer te maak of verhoudings te saboteer nie. Van die oomblik dat ons gebore word, weet ons hoe om ongehoorsaam aan God te wees en teen Hom te sondig. 



Dit beteken dat elkeen van ons die vergifnis wat God aanbied, nodig het. Die fantastiese nuus is dat God 'n manier voorsien waarop al ons sonde van die — verlede, teenswoordige en toekomstige — van ons af weggeneem word. Al wat ons hoef te doen, is om ja te sê vir die genade van redding deur Jesus se kruisdood. God se liefde vir ons is oordadig en Hy hou daarvan om sy liefde in oordaad oor ons uit te stort. Een manier waarop Hy dit doen, is deur ons te vergewe. Dit is verstommend eenvoudig, maar nie altyd maklik om te begryp nie. 



Wat is vergifnis? 

Dit is 'n keuse.

Dit is om wrokke wat ons teen ander dra te laat vaar.

Dit is om ons begeerte aan weerwraak oor te gee. 



Hoekom is dit so moeilik om te vergewe? 

Ons voel dat daar dan geen reg gaan geskied vir ons pyn nie.

Ons kan nie die seerkry stop nie, en dan neem dit ons gedagtes oor.

Ons dink ander mense se sonde is erger as ons s'n.



Wat gebeur wanneer ons vergewe word?

Ons ontvang 'n onverdiende geskenk.

Ons mag dan hierdie geskenk aan ander ook gee.

Ons mag oor begin. 



Wat gebeur wanneer ons ander vergewe? 



Ons word 'n verbitterde hart gespaar.

Ons kry gemoedsrus. 

Ons gehoorsaam God.



Een laaste ding wat ons oor vergifnis moet weet, is wat dit nié is nie. Wanneer iemand ons seermaak en ons hulle vergewe, beteken dit nie dat hulle nie aanspreeklik gehou word, of dat ons ignoreer wat hulle gedoen het nie. Dit beteken nie dat ons maak asof ons nooit seergekry het, of goedpraat wat hulle gedoen het of dink dat ons dit regtig kan vergeet nie. Vergifnis beteken eenvoudig dat ons dit laat vaar, aanbeweeg en dit nie toelaat om ons lewens te dikteer nie. 



Wanneer ons toelaat dat onvergewensgesindheid in ons lewens wortel skiet en tot 'n bitter produk groei, sal ons nooit ten volle vryheid in ons harte ervaar nie. Dit is nodig dat ons ander vergewe om te groei tot volwassenheid in ons geloof.



Ons gaan vir die volgende vier dae van hierdie leesplan hoop en waarheid ontdek vanuit verskillende Bybelverhale oor vergifnis wat ons sal help om dit vir onsself te aanvaar, en vir ander ook te gee.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Why Is It So Hard to Forgive?

Almal van ons het vergifnis nodig. Ons hanteer dit egter soms as opsioneel, terwyl dit in werklikheid 'n voorvereiste vir groei in ons geloof is. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons hoop en waarheid oor vergifnis uit vers...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid