Leesplan inligting

Fokus: 'n Ses-dag Interaktiewe Oordenking Vir Kinders, Oor Geloof Voorbeeld

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

DAG 6 VAN 6

Hoe Om Op Jesus Te Vertrou 


As jy nou hier lees, het jy miskien 'n paar vrae oor geloof. Om met Jesus 'n verhouding te hê, klink dalk vir jou 'n bietjie vreemd. Miskien selfs onmoontlik. Dis in die haak! 



Daar is 'n paar dinge wat jy egter moet weet.



Toe God die wêreld en alles daarin geskep het, was alles baie goed, regtig 100% goed. Die eerste mense wat God geskape het (Adam en Eva), het toe gesondig. Hulle het die enigste reël wat God hulle gegee het, oortree. Toe hulle daardie reël verbreek het, was dinge nie meer 100% goed nie. 



Sonde is die verkeerde dinge wat ons doen. Almal sondig. Selfs ons ouers en onderwysers doen sonde! 



Die probleem wat sonde veroorsaak, is dat dit ons van God skei. 



Was jy al ooit in die donker? As julle 'n plek sonder vensters het, gaan dan daarin. Miskien 'n spens of kas. Maak die deur toe. Tel dan tot 10 (miskien tot 20 as jy so dapper is!) en kom dan weer uit. 



IETS OM OOR NA TE DINK



  1. Hoe het dit gevoel om in die donker te wees? 

  2. Watter een ding sou jy graag daar in die donker wou hê (behalwe iets om aan te peusel!)?


Wanneer ons sonde ons van God skei, is dit soos om in die donker te wees. Ons is egter deel van God se familie en het die helderste van alle ligte: Jesus! Hy help ons om ons probleme en vrese met vertroue en fokus aan te pak. 



Hoe raak ons dan van ons sonde ontslae, sodat ons deel van God se familie kan word? Wel, ons kan eintlik self niks doen nie, omdat ons net mense is. God het ons egter so lief, dat hy 'n plan gemaak het om ons te red. 



God het sy Seun, Jesus, gestuur om hier op aarde te kom leef. Jesus het spesiaal gekom om die straf vir ons sonde op Hom te neem deur aan 'n kruis vasgespyker te word, waar Hy ook gesterf het. Drie dae later, het Hy uit die dood opgestaan en so bewys dat Hy God se Seun is! Daarna het Hy teruggegaan hemel toe om vir ewig by God te lewe. 



As ons vir Jesus sê dat ons glo Hy is God se Seun en Hom vra om ons sonde te vergewe, sal Hy dit doen. Dan word ons deel van God se familie — nou en ook later in die hemel. Ons lewe dan nie meer in die donkerte nie, maar in die lig! 



Het jy al gekies om in Jesus, en alles wat Hy vir jou gedoen het, te glo? Indien nie, praat met iemand wat jy vertrou, soos een van jou ouers of die leier van jou kleingroep. Vra ook wat dit beteken om 'n verhouding met Jesus te hê. Sê dan dat jy gereed is om self te glo.



Ons hoop jy het van hierdie leesplan gehou! Dit kom uit 'n agt-week interaktiewe boek, Focus: Take a Closer Look, met oordenkings vir laerskoolleerlinge. Kry meer inligting by FocusDevo.com 
Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Dit is moeilik. Hoe kan ons weet dat God werklik bestaan? Kan ons Hom vertrou wanneer slegte of angswekkende dinge ge...

More

Ons wil graag vir reThink Group bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://orangebooks.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid