Leesplan inligting

Fokus: 'n Ses-dag Interaktiewe Oordenking Vir Kinders, Oor Geloof Voorbeeld

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

DAG 4 VAN 6

Te Danke Aan Jesus, Kan Ons Die Geskenk Van Genade Hê


Ons lewe in 'n wonderlike tyd. Ons het toegang tot alle soorte tegnologieë wat nog nie daar was toe ons ouers en grootouers ons ouderdom was nie. 



 Daar is geen einde aan die wetenskap nie! Kyk net na al hierdie tegnologieë wat nou ontwikkel word:




  • "Hyperloop": Hierdie vinnige voertuig is iets soos 'n trein wat teen amper eenduisend kilometer per uur deur tonnels jaag. Dit beteken dat 'n reis van Kaapstad tot by Beaufort-Wes (wat gewoonlik ongeveer ses ure neem), in net 35 minute afgelê kan word! 

  • Self-aangedrewe motors: Motors wat hulself bestuur, kan die vloei van verkeer verbeter sodat daar minder motorongelukke plaasvind. Dink net hoe fantasties dit sou wees om as gesin saam na 'n rolprent te kyk, terwyl die motor homself bestuur! 

  • Reise na die buitenste ruimte: Met 'n spesiale sterk houer wat aan 'n helium ballon vas is, kan jy dalk na die buitenste ruimte reis!


Hierdie dinge klink darem fantasties nè? Party ook amper te moeilik om te glo. 



Dit is juis waaroor ons vandag gaan gesels — iets wat ongeloofwaardig klink, maar tog waar is. Hierdie "iets" is genade



In Efesiërs (ook 'n Bybelboek), kan ons baie oor genade leer:




  1. Ons word deur genade gered.

  2. Ons ontvang nie genade deur enigiets wat ons self doen nie. 

  3. Niemand kan genade verdien nie.


Raai wie het die boek Efesiërs geskryf? Ja, raai! 



Dit was Paulus. Paulus — die ou wat vir altyd verander het nadat hy Jesus ontmoet het. Dis dieselfde ou wat eers Jesus se volgelinge in die tronk gegooi het en toe self 'n volgeling van Jesus geword het. Dit bewys dat Paulus beslis 'n kenner op die gebied van genade was!



Paulus leer ons ook dat genade 'n geskenk is. 



Dit is die geskenk van vergifnis wat ons ontvang, elke keer wanneer ons verbrou.

Dit is die geskenk dat God ons liefgehad het, nog voor ons eens geweet het wie Hy is.

Dit is die geskenk om vir ewig deel van God se familie te wees, al gebeur wat ook al. 



Genade klink regtig ongelooflik, maar dit is waar. 



IETS OM TE DOEN


Neem 'n vel papier en potlood. Teken 'n prentjie van iets wat jy graag wil uitvind — enigiets wat jy dink ongeloofwaardig is. 



Terwyl jy teken, dink daaraan dat al klink dit ongeloofwaardig, ons die geskenk van genade het, as gevolg van Jesus. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Dit is moeilik. Hoe kan ons weet dat God werklik bestaan? Kan ons Hom vertrou wanneer slegte of angswekkende dinge ge...

More

Ons wil graag vir reThink Group bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://orangebooks.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid