Leesplan inligting

Fokus: 'n Ses-dag Interaktiewe Oordenking Vir Kinders, Oor Geloof Voorbeeld

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

DAG 1 VAN 6

Jy Kan Jesus Ken Al Het Jy Hom Nog Nooit Gesien Nie


Fokus. 


Het jy die woord al gehoor? Dalk was dit toe jou pa probeer het om jou op jou wiskunde huiswerk te laat konsentreer, terwyl daar pas 'n nuwe aflewering van jou gunsteling vertoning op YouTube verskyn het.



Miskien het jou rugby-afrigter jou uitgevang terwyl jy dagdroom oor wat daar vir aandete gaan wees. 



Of jou beste vriend hou in die middel van 'n sin op met praat, omdat jy in die verte staar, terwyl jy wonder of miere snags slaap. 



In hierdie leesplan, sal ons fokus verduidelik as "om iets van naderby te bekyk."



Dit beteken dat jy jou oë of gedagtes terugneem van waar dit nou is, na dit wat belangriker is. Wanneer jy dus op iets fokus, gee jy al jou aandag daaraan. 



Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Hoe op aarde doen jy dit? Hoe is jy veronderstel om op iets te fokus wat jy nie kan sien nie? 



Jy fokus op dit wat jy wel kan sien



Dink aan jouself as 'n speurder. As jy 'n misdaad probeer oplos waar geen ooggetuies was nie, sal jy bewyse soek van wat gebeur het. Jy sal dus soek na iets wat jy kan sien, om jou 'n leidraad te gee van wat jy nie kan sien nie. 



Ons lees in die Bybel van 'n ou genaamd, Paulus. Ons sal nog baie van Paulus leer, maar nou moet jy net weet dat Paulus se geloof aanhou groei het. (Wanneer jy vandag se Bybelvers lees, sal jy sien hoe Paulus geloof verduidelik.) 



As jy dus vreeslik baie geloof wil hê, kan jy kyk na wat jy wel kan sien, om seker te wees van dit wat jy nie kan sien nie. Eintlik doen jy dit gedurig. Het jy al die blare in 'n briesie sien beweeg? Jy kan nie die wind sien nie, maar jy weet dit bestaan, as gevolg van wat jy wel kan sien



Al kan ons nie vir Jesus sien nie, kan ons bewyse sien dat Hy bestaan. 



IETS OM TE DOEN


Neem 'n vel papier en iets om mee te teken. Gaan buitentoe as die weer dit toelaat. As jy nie kan nie, kyk deur die venster. Teken nou wat jy sien. (Stokmannetjies word toegelaat!)



Terwyl jy teken, onthou dat God alles daar buite gemaak het! Die mense, die bome — selfs al die goed waaruit geboue en huise gemaak word. Wanneer dit moeilik is om geloof te hê, kyk na wat jy kan sien, sodat jy kan glo in wat jy nie kan sien nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Dit is moeilik. Hoe kan ons weet dat God werklik bestaan? Kan ons Hom vertrou wanneer slegte of angswekkende dinge ge...

More

Ons wil graag vir reThink Group bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://orangebooks.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid