Leesplan inligting

Fokus: 'n Ses-dag Interaktiewe Oordenking Vir Kinders, Oor Geloof Voorbeeld

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

DAG 2 VAN 6

Om Jesus Te Ken Verander Hoe Jy Na Alles Kyk


Die oë is wonderlike organe. Luister net hier:




  • Die menslike oog kan die verskil tussen meer as 10 miljoen kleurskakerings uitken. 

  • Regdeur ons lewens bly ons oë dieselfde grootte, terwyl ons neuse en ore aanhou om te groei 

  • Seerowers het oorbelle gedra omdat hulle geglo het dat dit hulle sou help om beter te kan sien. 


Nou ja, miskien klink hierdie laaste feit 'n bietjie vreemd, maar dis waar! Om te kan sien is regtig iets besonders. 



Tog kan ons oë ons soms 'n bietjie kul — ons sien iets wat nie daar is nie óf ons sien nie iets nie, wat wel daar is. Wanneer dit gebeur noem ons dit 'n gesigsbedrog of optiese illusie. 'n Gesigsbedrog laat ons dan maklik glo dat onmoontlike dinge wel moontlik is. 



Terwyl ons praat van onmoontlike dinge wat ons dink moontlik is, brand ek om jou van Paulus te vertel, die ou oor wie ons in Dag 1 gesels het. Jy kan egter nie meer oor Paulus leer voordat jy vir Saulus ontmoet het nie. 



Saulus was regtig 'n slegte kêrel. Glo my, hy laat die skurke in rolprente na teddiebere lyk. Saulus se werk was om Jesus se volgelinge op te spoor en te straf. 



Die ander ou was Paulus. Hierdie man het baie pyn verduur, hy is baie seergemaak en het regtig moeilike tye deurgemaak, net sodat hy mense van Jesus kon vertel. Hy het sy hele lewe daaraan gewy om nuwe kerke te stig en het ander mense gehelp om dit ook te doen. Baie mense dink dat Paulus die beroemdste Christen van alle tye is. 



Hou jou reg, want wat ek jou nou gaan vertel, gaan jou heeltemal uit die veld slaan:



Saulus is dieselfde persoon as Paulus



Wat?

Hoe nou?

Sê weer! 



O ja. 



Jy sien, toe Saulus vir Jesus ontmoet het, het alles oor hom verander. (Selfs sy naam.) Hy het verander van die man wat Jesus se volgelinge kwaad aangedoen het, tot om self 'n volgeling van Jesus te word! 



IETS OM TE DOEN



Neem 'n vel papier en iets om mee te skryf. Dink aan iemand in jou lewe wat vir jou vreeslik belangrik is — iemand wat jou gehelp het om heeltemal anders na dinge te kyk. Dalk is dit 'n onderwyser, 'n afrigter of die leier van jou kleingroep of 'n vriend. 



Skryf die persoon se naam op die papier. (As jy nie die persoon se naam kan onthou nie, kan jy sommer een opmaak!) Skryf nou drie dinge neer hoe anders jou lewe sou wees as jy daardie persoon nooit ontmoet het nie. 



1.


2.


3.



Om mense te ken, kan die manier hoe ons na dinge kyk, verander. Om Jesus egter te ken, verander die manier hoe ons na alles kyk. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Focus: A 6-Day Interactive Devotional On Faith For Kids

Om geloof te hê, beteken dat jy vertrou op wat jy nie kan sien nie, as gevolg van wat jy wel kan sien. Dit is moeilik. Hoe kan ons weet dat God werklik bestaan? Kan ons Hom vertrou wanneer slegte of angswekkende dinge ge...

More

Ons wil graag vir reThink Group bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://orangebooks.com/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid