Leesplan inligting

Droom Groot met Bob GoffVoorbeeld

Dream Big with Bob Goff

DAG 4 VAN 7

Om ja te sê as jy eintlik nee wou sê, kan 'n baie skadelike gewoonte word. Verder kan slegte gewoontes wat jou uitput, jou ambisies van jou weerhou. Voordat ek getroud is, het ek 'n slegte gewoonte gehad om my klere op 'n stoel in my slaapkamer te los. Om een of ander rede het die ekstra paar treë na die klerekas om dit op te hang, soos 'n buitensporige hoeveelheid werk gevoel. Uiteindelik, wanneer die hele klerekas op my stoel gelê het, sou ek die moed bymekaarskraap om alles weer terug te pak. Dan het die siklus weer voor begin, want om goed op die stoel te los het normaal begin voel, al was dit nie die regte plek vir my klere nie.



Miskien klink dit vir jou bekend, of miskien het jy jou eie "stoel" waarop jy dinge in jou lewe opgestapel het. Die meeste mense het 'n paar vreemde dinge in hul lewens, maar ons doen dit al so lank dat dit normaal voel. Tog moet dit nie so wees nie. Dit is normaal om 'n behoefte aan roetine te hê omdat dit 'n gevoel van orde skep. Vra jouself egter af of dit 'n goeie roetine is. Is dit die moeite werd om te herhaal? Is die greep op jou lewe nie te sterk nie en weerhou dit jou nie daarvan om voort te beweeg na nuwer, mooier ambisies nie?



Terwyl jy jou lewenspad skoonmaak deur van ou roetines ontslae te raak, wend 'n opregte poging aan om te verstaan ​​waarom jy daardie roetines gehad het. Wanneer jy dit doen, kan jou lewe aanvanklik 'n bietjie vreemd en leeg lyk en voel. Jy sal waarskynlik ongemak en die onbekende ervaar. Moenie terugdeins nie. Dit is 'n goeie ding. Dink daaroor. Dit is presies die subtiele opknapping wat dromers soos jy nodig het. 



Miskien moet jy van daardie figuurlik gesproke kledingstukke wegpak om jou denkwyse te hernu, of om jou kalender skoon te maak sodat jy 'n bietjie ononderbroke tyd kry om na te dink. Miskien moet jy 'n eerlike gesprek met 'n huweliksmaat voer oor 'n verandering van werk of 'n ander finansiële benadering. Jy sal beslis nee moet sê vir 'n paar dinge waarvoor jy voorheen ja gesê het — selfs goeie dinge. Jy sal ook 'n paar mense moet teleurstel wat gewoond was om 'n ja van jou te kry. Hierdie een kan veral moeilik wees as mense aan jou ja gewoond geraak het, of as jy jou termyn om iets moois vrywillig te doen, beëindig sodat jy iets nog mooier kan begin.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Dream Big with Bob Goff

Leer om jou drome duidelik vir jouself te definieer. Identifiseer die struikelblokke wat jou terughou. Stel dan 'n spesifieke plan op om jou doelwitte te bereik. Ontwikkel ook die vaardighede wat jou sal help om volgens ...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://amzn.to/2UN6uWo

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid