Leesplan inligting

Droom Groot met Bob GoffVoorbeeld

Dream Big with Bob Goff

DAG 1 VAN 7

Die vraag: "Waar is jy?" is een van die eerste interaksies in die Bybel tussen God en die mens, soos ons, wat Hy geskape het. Toe dinge ingewikkeld word, het Adam en Eva vergeet wie hulle was en weggekruip. God vra toe: "Waar is julle?" Hy het natuurlik nie 'n letterlike antwoord verwag nie. God weet alles, selfs as ons dit nie verstaan ​​of wil erken nie. Hy het nie na lengte- en breedtegrade verwys nie; Hy het van hulle gemoedstoestand gepraat. Hy wou eintlik weet of húlle weet waar hulle is. Ja, hulle het tussen die bome weggekruip, maar eintlik was hulle in 'n plek van skande. Moenie toelaat dat jou verlede jou intimideer nie. Dit sal vir jou leuens vertel, jou aandag probeer kry of dit aflei en dan vir jou lag as jy daarvoor swig. Skande het net een doel en een doel alleen: om jou in 'n donker verlede vas te vang, terwyl dit 'n pragtige toekoms vir jou verberg. 



Elke mens bevind hom of haar êrens. Ek weet dit is vanselfsprekend, en in 'n mate is dit so. Hoeveel mense weet regtig waar hulle in hul lewens is? Om dit te probeer bepaal, is waar die werklikheid ter sprake kom. Ironies genoeg, ken ons meestal reeds die dieper antwoord, maar ons is bang om dit hardop te sê. "Ek is in my verslawing. Ek is in 'n gemaksone in my huwelik. Ek onderskat myself en verkies om die maklike roete te neem. Ek is bang om ontmasker te word."



Hier is dus jou kans. Waar is jy? Wees dapper en werk dit self uit, neem beheer, skryf dit dan neer of sê dit hardop. Gaan drink 'n koppie koffie saam met 'n vriend, laat jou vriend daarvoor betaal en wy ongeveer drie minute daaraan om eerlik en opreg te wees. Vertel aan iemand, miskien selfs 'n paar mense wat jy vertrou, waar jy jouself regtig bevind. As jy nie die moed het om hulle te vertel nie, skryf dit dan vir hulle op 'n nota. Ons moet egter probeer om mense te vertel waar ons ons regtig bevind, sodat hulle ons kan ondersteun. Vertel ook vir God, en wees reguit. Moenie jou lewe inkleur en jou omstandighede rooskleuriger laat lyk as wat dit werklik is nie. God weet dit reeds — Hy wag vir jou in die tuin en wil hê dat jy met jouself en met Hom eerlik moet wees sonder om doekies om te draai. Buitendien, Hy hou van die klank van jou stem. Gryp dit aan en vertel Hom. Wanneer ons eers verstaan waar ons ons bevind, kan Hy ons van daar af lei. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dream Big with Bob Goff

Leer om jou drome duidelik vir jouself te definieer. Identifiseer die struikelblokke wat jou terughou. Stel dan 'n spesifieke plan op om jou doelwitte te bereik. Ontwikkel ook die vaardighede wat jou sal help om volgens ...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://amzn.to/2UN6uWo

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid