Leesplan inligting

Droom Groot met Bob GoffVoorbeeld

Dream Big with Bob Goff

DAG 2 VAN 7

Wanneer jy jou idees 'n hupstoot wil gee, doen dan die dinge wat regtig vir Jesus saak maak. Help mense wat honger is, beweeg dan na mense wat dors het, siek mense, vreemde mense, naakte mense en mense in die tronk. Jy sal nie altyd weet wanneer iemand honger is nie, maar hulle is oral. Naakte mense is 'n bietjie skaarser, maar jy sal weet wanneer jy hulle gevind het. Voeg weduwees en weeskinders by as jy die geleentheid kry. God se lys vir jou is dalk langer, maar ek verseker jou dat dit nie korter is nie.



Gestel een van jou ambisies is om 'n gelukkige en vervulde lewe te lei. Die meeste mense sou dieselfde sê, ek ook. As jy egter van plan is om hierdie pragtige ambisie te bereik, sal jy meer spesifiek moet wees. Vra jouself af wat jou gelukkig en vervuld sal laat voel. Sou 'n hondjie jou daarmee help? Of dalk twee hondjies? Wil jy 'n miljoen rand wen? Ek sou graag. Of sou jy gelukkiger en meer vervuld voel om twee miljoen rand weg te gee? Hier stem ek ook saam. Wil jy beroemd wees? Indien wel, hoe beroemd en aan wie? Wil jy ryk in vriendskappe of in jou aftree-spaarplan wees? Hoe sal jy weet wanneer jy beroemd of ryk genoeg is? Maak jou somme. Wil jy graag jou foto op die ontbytpap se verpakking hê? Of op 'n spesiaal vervaardigde Nike-skoen? Op 'n plakkaat by die poskantoor as iemand wat gesoek word? Of sal 'n foto'tjie in jou geliefde se beursie goed genoeg wees?



As jy soos ek is, wanneer jy na jou lys kyk, sal jy hoendervleis kry, 1000 opstote doen en binne 'n vierkante kilometer vir almal sê: "vat vyf". Dit is die punt! Wanneer jy aan die ambisies wat in jou binneste rondmaal erkenning gee, gee dit vir jou 'n nuwe insig van wat die lewe veronderstel is om te beteken — vol passie en doel. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dream Big with Bob Goff

Leer om jou drome duidelik vir jouself te definieer. Identifiseer die struikelblokke wat jou terughou. Stel dan 'n spesifieke plan op om jou doelwitte te bereik. Ontwikkel ook die vaardighede wat jou sal help om volgens ...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://amzn.to/2UN6uWo

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid