Leesplan inligting

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?Voorbeeld

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

DAG 4 VAN 5

Wat Kan Ek Doen Wanneer Ek In Versoeking Kom?


Gee dit vir God — nou


Onthou God se belofte wanneer jy in versoeking kom: “Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Korintiërs 10:13).



God sal nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. Die Satan sal ook nie sy tyd mors met versoekings wat ons in ons eie krag kan weerstaan nie. 



Dus, elke keer wat jy in versoeking kom, weet dat jy dit nie sonder God se hulp kan oorwin nie. 



Ontwikkel die gewoonte om elke versoeking dadelik voor God neer te lê. 



Vra Hom vir sy krag. 



Los dit in sy hande. 



Gee dit vir God — nou.



Oorweeg die nagevolge


Wat as jy nie dit doen nie?



God gaan rekenskap van ons geheime sondes eis: “God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad” (Prediker 12:14).



Jesus waarsku ons: “Daar is niks bedek wat nie onthul sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie. Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word” (Lukas 12:2–3).



Ons gaan rekenskap gee oor ons woorde: “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag. Op grond van jou eie woorde sal jy vrygespreek of veroordeel word” (Matteus 12:36–37).



Nadat Petrus verskeie heidense begeertes genoem het sê hy “Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel” (1 Petrus 4:5).



Wat gaan met hulle gebeur?



“elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. ... as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is” (1 Korintiërs 3:13, 15).



Onsedelike sondes, gedagtes of woorde wat nie bely word nie, sal openbaar word en op die oordeelsdag verbrand word, want die hemel is volmaak. Hierdie dinge kan nie die hemel binnegaan nie — dit moet verbrand en vernietig word.



Sonde word verwyder en beloning gaan verlore.



In jou versoeking, wanneer jy voel dat jy met God moet praat, moet jy nie van sy teenwoordigheid wegskram nie. 



In daardie einste oomblik van nood, moet jy na Hom toe hardloop.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis d...

More

Ons wil graag Denison Forum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://www.denisonforum.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid