Leesplan inligting

Kan Ek Werklik Sonde En Versoeking Oorwin?Voorbeeld

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

DAG 3 VAN 5

Hoe Kan Ek 'n Geestelike Oorlog Teen die Satan Wen?


Die Satan bestaan, maar hy is reeds oorwin. 



Jesus het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak (1 Johannes 3:8). Sonde het saam met Jesus aan die kruis gesterf. Jesus het die dood oorwin toe Hy opgestaan het uit die dood. Eendag gaan die duiwel in die poel van vuur en swael gegooi word en dag en nag, tot in alle ewigheid gepynig word (Die Openbaring 20:10). Die Satan gaan nie in die hel heers nie, hy gaan tot in alle ewigheid daar gepynig word.



Die Satan is in 'n oorlog teen God gewikkel en ons is die oorlogsveld waar die konflik woed. Hy kan nie vir God seermaak nie, dus val hy God se kinders aan. Die beste manier om my seer te maak is om my seuns aan te val.



Hoe kan ons wen in ons geestelike oorlog teen hierdie vyand?



Eerstens, staan die duiwel teë in God se krag.


“Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug” (Jakobus 4:7). Die oomblik wat jy in versoeking kom, moet jy die saak aan die Here gee en kies om weerstand te bied: “Moenie die duiwel vatkans gee nie” (Efesiërs 4:27). Die maklikste tyd om sonde teen te staan is die eerste oomblik wat dit in jou hart en gedagtes opkom.



Tweedens, aanvaar jou oorwinning in God se krag.


Ons Vader belowe dat ons nie bo ons kragte versoek sal word nie (1 Korintiërs 10:13). Die oomblik wat die vyand in jou lewe verskyn, moet jy op hierdie belofte staan. Neem aan dat jy met God se belofte gaan oorwin.



Derdens, trek die volle wapenrusting aan wat God jou gee. 


Efesiërs 6 spoor ons aan: “Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug” (vv. 10–12).



Hierdie geestelike wapenrusting sluit in God se waarheid en God se vryspraak deur die evangelie van vrede, geloof, verlossing, die Woord van God en gebed (vv. 14–18). Staan stewig hierop. Beoefen dit. Vertrou dit as God se krag in jou lewe en dit sal jou oorwinning wees.



Dus, verwag dat die vyand jou in versoeking gaan bring.



Leeus brul net wanneer hulle aanval. Staan vandag vas in God se krag. Gaan na God vir vergifnis, genade en oorwinning wanneer jy misluk.



Die volgende keer wat die duiwel jou verlede na vore wil bring, herinner hom aan sy toekoms.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Can I Really Overcome Sin and Temptation?

Het jy jouself al af gevra: "Hoekom worstel ek nog steeds met daardie sonde?" Paulus het self so gevra in Romeine 7:15: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis d...

More

Ons wil graag Denison Forum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek hulle by http://www.denisonforum.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid